LANGMOUROK (foto bo)
Middernagblou rok van glanssatyn (R695), ?Leigh Schubert. (By Foschini is daar 'n soortgelyke rok vanaf R360.) Bonkige halssnoer van sink-en-glas (R399), Accessorize. Swart patroonkouse (R70), Cameo.
Rok: groottes 32 - 36
 

Die fokus is dié winter op skouers. In 'n sexy rok met lang pofmoue is jy warm in die kol."
Leigh Schubert

Vierkantige Top

Vierkantige Top

Grys vierkantige top (R650), Black ?Coffee. (By Edgars is daar 'n ?soortgelyke top vanaf R229,95.) ?Swart spanbroek met slangvelpatroon ?(R219,95), Rage. Swart leer-armband ?met klinknaels (R590), Jo Borkett.
Swart hakskoene van kunssuède ?(R349),Queue.Grys-en-swartsyserp ?met luiperdvelmotief om die enkels ?gebind (R145 elk), Me Jane.

Top: Een grootte pas almal?Broek: S - XL

Dis die ideale oorgroot item. Dis gemaklik en lank sodat jy dit saam met 'n spanbroek as top kan dra of saam met hakskoene en 'n belt as rok."
Danica Lepen van Black Coffee

Die Tuxedo

Die Tuxedo

Swart denim met knoopdetail ?(R1 900), KLûK CGDT. (By Foschini ?is daar 'n soortgelyke broek vanaf R220.)?Wit hemp van katoenmengelstof (R550) ?en swart militêre baadjie van kunsleer ?(R850), albei Pari & Max @ YDE. Swart ?brogue-skoene van blinkleer (R810), ?Katie & Ali @ Mungo & Jemima. Vergulde ?Oorbelle (R200), Tessa Design.

Broek: grootte 32
Hemp: S - L?
Baadjie: S - L

Ons is baie lief vir die tuxedovoorkoms en dis ons interpretasie van motorfietspunk."
Christiaan du Toit van KLûK CGDT

Onderbaadjie

Onderbaaidjie

Donkergrys gilet van wol (R890), Lunar.
Grys top met swart patroon (R329,95), Rage.?Swart potloodromp (R219,95), Kelso ?Career @ Edgars. Pienk baret van wol ?(R150), Lulu Belle. Swart rek-belt met ?gespe van kralewerk (R395), A-list.

Gilet: groottes S - L
Top: S - XL?Romp: 6 - 16

Manlike onderbaadjies is groot nuus. Die gilet is?die vroulike antwoord?daarop - dis sag maar parmantig.?
Karen ter Morshuizen van Lunar

Enkelstewel

Enkelstewel

Swart stewel van suède met klinknael-?detail (R980), Errol Arendz. (By Zoot is ?daar 'n soortgelyke stewel vanaf R339,95.) Pienk Skederok van katoen-en-wolmengsel ?(R1 695),Slate. Swart ondeursigtige kouse ?(R39,95), Falke.Swart sokkies bo-oor kouse ?(R99),Accessorize.

Rok: groottes 32 - 34

Hierdie pragtige stewel sal sonder twyfel 'n impak maak in die dag, selfs in die aand. Errol Arendz

Aandjas

Aandjas

Swart tafsy-baadjie met kralewerk ?(R4 999), Gavin Rajah. (By Woolworths ?is daar 'n soortgelyke jas vanaf R699.)
Swart moulose rok met val-detail (R550), ?G.Couture. Swart sykouse met harlekyn-?patroon (R70), Cameo.

Jas: groottes 32 - 40?Rok: 30 - 40

Só 'n jas pas by elke geleentheid.?Dit kan op sy eie as rok gedra word of as jas bo-oor jeans.
Gavin Rajah

Tulle Romp

Tulle-romp

Swart romp van maasstof (R7 980), Clive ?Rundle. (By Foschini is daar 'n soortgelyke ?romp vanaf R240.) Grys V-nek-trui van ?wolmengelstof met klinknaels (R895), Slate. Swart-en-wit palmhandsak met ?tandruitpatroon (R399), Accessorize. ?Grys kouse met riffelpatroon (R70), Cameo.

Romp: groottes 32 - 40?Trui: 32 - 34

Hierdie romp kikker 'n uitrusting op. Elke vrou behoort 'n romp van tulle te hê om onder haar geplooide romp te dra.
Clive Rundle?