Hulle sê die kamera jok nie. Maar nou kan almal altyd op hul beste lyk danksy die SARIE-modespan se geheime vir die perfekte foto.

10 goue reëls vir ’n beter foto-voorkoms 

#1 Neem die foto van bo af

Die mens wat die foto neem, moet jou gesig altyd van bo af afneem. Dit laat jou gesig skraler lyk en definieer jou kakebeen.

#2 Jou hele liggaam

Sny (crop) die foto sodat jou hele liggaam in die foto inpas. Dit gee dieselfde effek as ’n vertikale lyn en laat jou skraler lyk.

#3 Perfekte glimlag

Stap 1: Maak jou oë toe

Stap 2: Haal diep asem

Stap 3: Maak jou oë oop net voordat die flits afgaan

Stap 4: Glimlag!

#4 Plaas jou tong agter jou tande

Dit sal verhoed dat jy te groot glimlag, maar onthou net om met jou oë te glimlag!

#5 Kyk in die lig in

Dit maak jou pupille kleiner en verhoed rooi oë op ’n foto.

#6 Sê “money” as jy die foto neem

Die sêding laat jou glimlag natuurlik lyk.

#7 Moenie vir ’n groepfoto die naaste aan die kamera staan nie

Jy gaan die grootste lyk!

#8 Linker flinker

Blykbaar is die linkerkant van jou gesig die aantreklikste.

#9 Vollengte-foto vanaf ’n laer vlak

Dit vorm die illusie dat jy langer en skraler is.

#10 Draai jou gesig skuins

Dit definieer jou gesigvorm beter.

Dit is so maklik soos 1... 2 ...3 ... "money"!