Die culotte, een van die vuurwarm tendense vir winter, is iets wat almal - lank én kort - kan dra. Boonop lyk alle skoene goed daarby, maar hoëhakstewels by jou broekrok is mode se nommereen-keuse. Nadat ons dit jare laas gesien het, het dié broek in Somer 2015/2016 weer sy verskyning gemaak. Met die midilengte is dit nogal vreemd dat ontwerpers dit so 'n gewilde item in hul winterreekse gemaak het. Maar dis net mooi hier waar ons leer hóé jy dit vir Winter 2016 dra: by stewels met 'n hak!

Wat presies is ’n culotte?

Dit is ’n wyepypbroek wat onder die knie eindig en dit lyk byna soos ’n midiromp.  Kyk na Saint Laurent se Herfs/Winter 2016-reeks

Culotte by lang stewels

Ja, jy kan jou lang stewels by 'n culotte dra. Die voordeel daarvan is dat jou bene nie gaan koud kry nie. Dié kombinasie gee jou boonop lengte.

Vir die klassieke dame

Uitrusting 1 culotte klassiek Klassieke uitrusting

 

Skemerkelkie

Aaand uit Aand uit  

Straatstyl

Let wel: Die spel van verskillende teksture in die uitrusting is nou ’n groot trend en vir seker 'n wenkombinasie!

Culotte by enkelstewels

Enkelstewels is ook 'n reuse-sukses by dié broek.

 

Vir die kantoor

Culotte en enkelstewels Culotte en enkelstewels

Vir middagete saam met vriende

Culotte uitrusting 4 Culotte en enkelstewels

Straatstyl

Let wel: Jy kan gerus leer en suède meng. Omdat leer nou so groot is, sal jy nie ’n fout maak as jy 'n (kuns)leerculotte aanskaf nie.

Koop hier items van dié voorgestelde uitrustings hier bo:

Lees nou

Top-12 jasse vir winter 2016

Mode-dilemmas: vermy dit met dié 5 items

Trui-trends vir winter 2016