*Hierdie is die digitale weergawe van SARIE se Mei 2019-artikel.

TREND #1: FOLKLORE

’n Tikkie nostalgie is wat folklore so spesiaal maak. Inspirasie uit die 1970’s is ’n laag-op-laagvoorkoms in ’n mengsel van patrone (van blomme tot etnies), borduurwerk, fraiings, laslapwerk en rokke van midi tot lank. Speel met bogenoemde om jou persoonlikheid te weerspieël.

SARIE Mode
FOTO’S Glen Montgomery van SUPERNOVA (SARIE Mei 2019)

Wit bloes met borduurwerk (R499), RE by Woolworths. Oorvou-midirok met blompatroon (R699), Studio W. by Woolworths. Baadjie met borduurwerk (R597), Edition by Woolworths. Poncho met patrone (R399), RE by Woolworths. Goudvergulde hoepeloorbelle met tou en krale versier (R920), Pichulik

GROOTTES Bloes: 4 – 18 Rok: 6 – 20 Baadjie: 4 – 20


TREND #2: MANTEL

Dalk het dit te doen met al die superhero-flieks of sterk vroue in die wêreldpolitiek, maar die manteljas is ’n moet-hê vir winter. Wys jou superheldin-kant met hierdie stylvolle, veelsydige item wat as kantoordrag tot naweekdrag gedra kan word.

TREND #3: DIERVELMOTIEWE

Van slangvel- en sebravelpatrone tot die altyd gewilde luiperdvelmotief – wys jy is lief vir die natuur met ’n diervelmotief deel van jou uitrusting.

SARIE Mode
FOTO’S Glen Montgomery van SUPERNOVA (SARIE Mei 2019)

Swart manteltrui (R799), Forever New. Noupassende jeans met sebravelpatroon (R679), Zara. Swart leerplatformskoene (R1 399), Green Cross. Swart-en-wit skouersak (prys op aanvraag), Folli Follie. Goudvergulde horlosie met geel leerbandjie (R1 652), Rosefield by Bacher & Co. Swart katoogsonbril (prys op aanvraag), Super van Moscon Optics.

GROOTTES Trui: Grootte op aanvraag Broek: 4 – 16 


TREND #4: VALLE

Vir ’n towerveeg romanse en verwondering, wees op die uitkyk vir items met valle. Van fyn detail op truie, veral moue, en sag en vroulik op rokke, tot gestruktureerd op leeritems.

SARIE Mode
FOTO’S Glen Montgomery van SUPERNOVA (SARIE Mei 2019)

Wynrooi trui met valledetail (R2 500), Ted Baker. Wyepyplangbroek met kettingpatroon (R479), Forever 21.

GROOTTES Trui: 6 – 16 Broek: XS – XL


TREND #5: GERUITE PATRONE

Naas diervelmotiewe is ruite een van dié grootste patrone vir winter 2019. Vir ’n vars aanslag dra verskillende geruite patrone of verskillende groottes van dieselfde geruite patroon saam.

SARIE Mode
FOTO’S Glen Montgomery van SUPERNOVA (SARIE Mei 2019)

Strepetrui (R549), Cotton On. Ruitpatroonbaadjie (R429), H&M. Geplooide midiromp (R799), H&M. Ruitpatroon-jas (R749), H&M. Enkelhoogte leerstewels met uitsnydetail (R2 999), Jeffrey Campbell by That Shoe Lady. Dubbelgoudvergulde oorbelle van brons (R1 280), Black Betty.

GROOTTES Trui: XS – XL Baadjie: 34 – 46 Jas: 34 – 46 Romp: 34 – 46 


TREND #6: COWBOY

Die Wilde Weste is ’n groot inspirasie vir winter 2019 – van cowboystewels, belde met groot gespes en juk- (yoke-) tot fraiingdetail op baadjies en hemde. As jy nie soos ’n cowgirl by ’n rodeo wil lyk nie, fokus op ’n romantiese prairie-geïnspireerde rok saam met dié cowboyelemente.

SARIE Mode
FOTO’S Glen Montgomery van SUPERNOVA (SARIE Mei 2019)

Kantmidirok (R899), Zara. Baadjie met fraiings (R899), Zara. Taankleurige cowboy-enkelstewels van suède (R2 799), Jeffrey Campbell by That Shoe Lady. Geel serp (R149), H&M. Bruin wyerandhoed van vilt (vanaf R240), H&M.

GROOTTES Rok: XS – XL Baadjie: XS – XL 


TREND #7: KUNSPELS

Sedert groot modehuise soos Burberry, Gucci, Versace en vele ander in 2018 aangekondig het dat hulle nie meer regte pels gaan gebruik nie, is kunspels gróót vir jasse en baadjies, asook as detail-element. Gee jou winterkas warmte en tekstuur met verskillende tipes kunspels.

SARIE Mode
FOTO’S Glen Montgomery van SUPERNOVA (SARIE Mei 2019)

Kunspelsjas (R799), H&M. T-hemp met slagspreuk (R900), Replay. Blinker-midiromp met slangvelmotief (R459), Zara. Taankleurige dun leerbelt (R250), Poetry.

GROOTTES Jas: 34 – 44 T-hemp: XS – XL Romp: XS – XL


TREND #8: KRISTALLE

Kikker enige uitrusting op en verdryf die koue met kristaljuwele en kristalle op klere tot bykomstighede.

SARIE Mode
FOTO’S Glen Montgomery van SUPERNOVA (SARIE Mei 2019)

Roomkleur trui met kunskristal-versierings (R329), H&M. Rodiumvergulde ringe met wit en geel Swarovski-kristalle (vanaf R2 190 vir ’n stel van 3) en rodiumvergulde ring met wit en geel Swarovskikristalle (R1 690), Swarovski

WEN Swarovski-juwele: Klik hier om in te skryf.


TREND #9: SERPPATRONE

’n Serp om jou nek, kop en selfs handsak is nou al vir ’n rukkie gewild, maar klassieke syserp-patrone is nóú groter as ooit. Dié seisoen is dit op rompe, bloese en rokke. Die geheim is om nie bang te wees om te speel met patrone nie.

SARIE Mode
FOTO’S Glen Montgomery van SUPERNOVA (SARIE Mei 2019)

Kortmoubloes (R409), H&M. Midiromp (R629), H&M. Gestreepte dun rolnektrui (R479), Forever 21. Groen hakskoene met dons-pompon (R1 790), Europa Art. Serp met kettingpatroon (R299), Aldo. Roosgoudringe met edelgesteentes en diamante (prys op aanvraag), Pomellato by Picot & Moss.

GROOTTES Bloes: 34 – 46 Romp: 34 – 46 Rolnektrui: XS – XL 


TREND #10: BRUIN

Bruin in al sy skakerings is die mees dominante kleur vir winter. Dra dit vir ’n ultramoderne voorkoms van kop tot toon.

SARIE mode
FOTO'S Getty Images / Gallo Images, verskaf

1. Leerhandsak met volstruisleer-tekstuur (R1 990), Willow Tree 2. Bruin vlieënierstyl sonbril met skilpaddopeffek-raam (R3 050), SNOB Milano 3. Oorbelle van kunsskilpaddop (R149), Cotton On 4. Taankleurige leerbelt met goue gespe (R459), Zara 5. Bruin deurgestikte katoenjas (R1 999), Mango.com 6. Bruin-en-swart bloes met slangvelmotief (R499), Truworths 7. Gestreepte wyepypbroek van katoenmengelstof (R949), Mango.com 8. Taankleurige enkelstewels van leer (R1 799), Country Road 9. Konjakkleurige lae blokhakskoene van suède (R1 299), Green Cross 10. Bruin A-lyn-romp met luiperdmotief (R799), Poetry 11. Goudvergulde horlosie met Swarovski-kristalle en bruin leerbandjie (vanaf R4 590), Swarovski 12. Bruin maksirok met valdetail (R999), Poetry


TREND #11: TRUIE

Min dinge is so lekker warm soos ’n trui. En dié winter kan jy maar een aanskaf. Dis snoesig oor die naweek en stylvol vir die kantoor. 

SARIE mode
FOTO'S Getty Images / Gallo Images, verskaf

1. Ligvuilpienk trui met bruin rondenektrui (R339), Miladys 2. Swart rondenektrui met knopedetail op skouers (R339), Miladys 3. Swart-en-wit gestreepte katoentrui met ’n ronde nek en strikdetail (R899), Trenery 4. Dofpienk hoënektrui met knopedetail (R499), Truworths 5. Room-pienk-en-oranjebruin trui (R899), Poetry 6. Bruin-en-oranje trui (R899), Poetry 7. Swart trui met geborduurde blomme, blinkers en krale (R1 399), Zara 8. Roomkleurige hoënektrui (R699), Mango by Superbalist 9. Ligoranje rolnektrui met kabeldetail (R949), Mango.com 10. Vlootblou-en-naaswit trui met geel detail (R699), Mango.com 11. Grys rolnektrui met pofmoue en pêreldetail (R650), Studio W by Woolworths 12. Swart oopknooptrui met borduurwerk, blinkers en krale (R1 399), Zara

Deur AMARIA CARSTENS

Modestilis MAGDEL MULLER

Foto's GLEN MONTGOMERY VAN SUPERNOVA

Grimering ALGRIA FERREIRA

Hare GILBERT MOFUBELU

Model EMMA B VAN TWENTY MODEL MANAGEMENT

Fotograaf se assistent LIAM DANVERS