Die 35ste Nederburg-veiling kon nie gevra het vir 'n beter lentedag nie. Daar was heerlike sonskyn, perfek vir almal om hul mooiste somersgewade aan te trek.

Die konsep vir vanjaar se Nederburg-veiling was "Masters of Talent". Vier tydskrifte, vier ontwerpers, vier muses en vier Nederburg-wyne is saamgespan om elk hul gevoel van 'n agter-die-skerms-modesessie weer te gee. Dis gevolg deur 'n modeparade van ontwerpers Errol Arendz, Hip Hop, Gert van de Merwe en KLûK CGDT.

SARIE en Errol Arendz met Michelle McLean as muse moes met 'n konsep vorendag kom vir Nederburg Noble Late Harvest.

Michélle van Breda het dit as volg beskryf: "Die vloeiendheid en groen-goud van hierdie manjifieke Errol Arendz-rok het ons dadelik laat dink aan die ryk amberkleur van Nederburg Noble Late Harvest. Dit pas ook perfek by Michelle McLean se dramatiese styl. Die lewe met sy vele luukse-lekkertes het ons inspireer om 'n oormaat ontwerperskoene te gebruik. Die etniese gevoel van die rok en skoene dra ook ons liefde vir Afrika en veral SA oor. Wat meer kan ons vra – al ons passies saam in een foto!"

Kyk uit vir ons November 2009-uitgawe met die foto wat van Michelle McClean geneem is.