My stokperdjie is fotografie. My rok was 'n "tribute" aan al my maats en my familie. Ek is 'n maltrap en neem altyd fotos van almal, ek wou deur my rok almal wys hoeveel ek hulle gaan mis, en hoeveel hulle vir my beteken. Ek het belangrike "memorable moments" fotos soos my graad 1 foto, en kleuterskool foto, en familiefotos, en fotos van my en al my maats laat druk. Te danke aan Lewelda by Printing things in Potchefstroom wat bereid was om te probeer "print" op satyn, kon my droom bewaarheid word. Ek het soos 'n prinses gevoel op my groot aand, Met my rok wil ek vir elke voornemende matriek meisie 'n boodskap gee, jou rok het nie nodig om duisende rande te kos om jou droomrok te wees nie.

Sien alle inskrywings