My hart was nog altyd op 'n rooi rok vir my Matriekafskeid. Rooi is vir my die simbool van lewe en positiwiteit. Die kombinasie van swart en rooi is my gunsteling kleure om te dra. Die rok moes by my persoonlikheid pas - 'n tikkie speelsheid, 'n vrolike, dartelende rok - wat met die Spaanse invloed beklemtoon word, en 'n geurtjie misterie en romanse wat deur die swart kant aangevul is. Die totale prentjie moes ook steeds elegant wees - die kristallet, swart satynband saam met die handskoene het my droom-prentjie voltooi.

Sien alle inskrywings