Ek het nog altyd gedroom van hierdie spesiale dag wat moet aanbreek, die dag waarop ek graag op my mooiste wil lyk. Dit moes 'n unieke rok wees en niemand anders moes soos ek lyk nie. Die ontwerper Gerrit Pienaar het dit moontlik gemaak. Die nousluitende snit moes my lyf komplimenteer. My waatlemoen kleurige rok met franse kant en Swarovski kristalle en handgemaakte blomme met vere tussen in was so sag soos ek dit wou hê. Die rok is kort van voor wat my bene beklemtoon wat my beste bate is en dan is die rok langer na agter met 'n vloeiende sleep vir 'n aandvoorkoms. Ek het op die waatlemoen kleur besluit omdat my velkleur donker is en ook omdat die kleur my blonde hare mooi beklemtoon.

Sien alle inskrywings