Toe ek gedink het aan my matriek afskeid rok het ek geweet my rok gaan baie anders wees. My smaak is baie "vintage" en ek is mal oor natuurlike kleure. Ek het lank gesoek na n' rok waarvan ek hou maar my ouma het toe n' rok met n ontwerp baie naby aan my eie rok gesien en vir my gewys, toe ek met my ontwerper praat toe se sy hierdie rok is perfek vir my en ek het saam gestem, ek is mal oor my rok en soek net vir n geleentheid om dit weer aantetrek. My rok is in Durban gemaak, en ek en ma moes vlieg om dit te gaan aanpas, vier dae voor my afskeid het my pa die rok vir my gaan haal en n hele paar komplimente by vrouens gekry, my rok was gemaklik en perfek in my oe!

Sien alle inskrywings