Ek het ongelukkig geen inspirasie gehad wat my rok aanbetref nie. My ma het my 'n dag net na die plek met die naam St.Loriënt in Brooklyn gevat om te kyk wat die plek het, of daar enige rokke is waarvan ek hou. Daar was vrek baie rokke om van te kies en ek moes daar uitstap met een.. Ek het klomp aangepas om net 'n idee te kry wat ek eintlik wil hê, sodat die plek dalk eder vir my 'n rok van my keuse kan maak. Na honderde rokke wat ek aangepas het, het my ma vir my 'n laaste rok gebring. Die rok het bietjie anders aan my gesit. Ek het 'n idee gekry wat ek soek.. Die plek het presies vir my die rok oorgemaak volgens my figuur en ek het net 'n paar veranderinge gemaak hoe ek die rok wil hê. Soos die bokant wat eers ‘n ”heart shape” was en die blom wat op die rok was wou ek nie op gehad het nie en die onderkant was eers reguit af. Na ‘n paar keer se deur ry na Pretoria toe het ek uiteindelik gekry wat ek wou gehad het... die stunningste rok ooit!

Sien alle inskrywings