Romantisisme was ‘n kunsbeweging wat as gevolg van rebellie teen die sosiale en politieke norme van die 18de eeu ontstaan het en waar geglo is dat verbeelding belangriker is as rede. My eie ontwerp van salm-pienk skakering chiffon met vintage kant en sagte, vloeiende lyne is deur hierdie tydperk geïnspireer. Pêrels en fyn kralewerk op die delikate kant motiewe dra by tot die ouwêreldse gevoel en het soos ‘n vars briesie ‘n buitengewone glans aan die aand verleen. Dankie aan Griet de Villiers van die Paarl wat my lugkasteel in ‘n eteriese realiteit omskep het!

Sien alle inskrywings