EK het n prentjie van die perfekte rok in my kop gehaad. Ek het van graad 8 af geweet ek gaan my rok by die boutique kry en die dag toe ek in die boutique in stap kry eka my rok!!! Ek het nie eers by ander winkels gaan soek vir n rok nie. My sussie (Alicia) het vi my die rok gegee om aan te pas en ek het nog baie ander rokke gevat om aan te pas. Die rok was die 2de rok wat ek aan gepas het, en toe pas ek nog 20 ander rokke aan, maar die rok het net vir my gewerk. Dit het my figuur laat mooi lyk en dit was die perfekte rok vir my en dit was glad nie eers wat ek in gedagte gehaad het ni, maar ek het vreeslik baie komplimente gekry die dag op die matriekafskied oor my rok en oor al my foto's. My inspirasie was my sussie en sonder haar sou eka nooit so mooi gelyk het die aand nie.

Sien alle inskrywings