Hoe weet ek dis my oorgangsjare?

’n Volledige mediese geskiedenis isdie beste manier om uit te vind. Hou dagboek wanneer jy menstrueer en van enige simptome – en bespreek dit met jou dokter. Bloedtoetse kan gedoen word om die vlakke van estrogeen- en follikel-stimulerende hormone (FSH) te bepaal. Maar ’n akkurate toetsing is moeilik omdat hormoonvlakke in die oorgangsjare baie wissel, se^ Nicole Jaff, gesertifiseerde menopouse- konsultant by die Amerikaanse menopouse-vereniging, in haar boek Menopouse: Die volledige gids (Penguin, 2008). Dis uit druk, maar haar jongste boek, Menopause: Everything you need to know (Bookstorm, 2011), is in boekwinkels en word aanbeveel. Sy is ook besig met haar doktorale tesis oor die menopouse.

15 moontlike menopouse-simptome

1. Warm gloede

2. Nagsweet

3. Borsswelling en -teerheid

4. Lyfseer (veral seer gewrigte)

5. Lae libido

6. Verandering in urine^re funksie (bv. inkontinensie)

7. Gewigstoename

8. Vergeetagtigheid

9. Buierigheid

10. Angs

11. Veranderde slaappatrone

12. Hoofpyne/migraine

13. Ongereelde maandstonde

14. Velveranderinge (bv. minder elastisiteit)

15. Simptome wat swangerskap naboots: seer borste, moegheid, onbeheerste eetlus, tranerigheid