Om maer te wórd moet jy gesond eet en oefen. Maar die geheim om maer te blý is om goeie gewoontes te volg, sê die Ierse persoonlike afrigter Karl Henry. Hy het ’n lys gegee van die 20 gewoontes wat natuurlike maer mense het, berig The Star.

  1. Hulle bestel nie die grootse mocha-latte frappuccino wat beskikbaar is nie
  2. Hulle bederf hulself een keer per week met iets lekkers om te eet
  3. Hulle eet stadig en aandagtig
  4. Hulle eet ontbyt
  5. Hulle eet proteïene saam met minstens twee van hul etes
  6. Hulle weeg hulself een keer ’n week
  7. Hulle stap eerder die trappe as die rolstrap of hysbak
  8. Hulle rus genoeg
  9. Hulle vermy kos met ’n hoë suiker-inhoud
  10. Hulle doen een keer ’n week groot inkopies
  11. Hulle koop nooit kos terwyl hulle honger is nie
  12. Hulle begin die dag met suurlemoen en water
  13. Hulle wissel hulle soorte oefensessies (workouts) af

  14. Hulle oefen saam met iemand wat fikser as hulle is
  15. Hulle eet bruin koolhidrate eerder as wit koolhidrate
  16. Hulle eet nie voordat hulle gaan slaap nie
  17. Hulle drink water
  18. Hulle deel nie hul geheime nie
  19. Hulle weet hoe hul metabolisme werk
  20. Hulle eet nie wanneer hulle emosioneel is nie

Kry Karl se boeke op kalahari.com

Karl Henry

Karl Henry se Bums Tums & Bingo Wings

Karl Henry

The Slim Solution van Karl Henry