SPAR se wedloop vir vroue of ‘SPAR Women’s Challenge’ is die afgelope 30 jaar al ’n geleentheid waar duisende vroue draf en stap met doel. 

Vanjaar het SPAR besluit om tydens die Covid-19-inperking hierdie geliefde wedloop aanlyn te dryf. Die ‘SPAR Virtual Challenge’ nooi mense van regoor die wêreld om op 26 September hulle tekkies aan te trek, en saam te draf en stap teen geslagsgebaseerde geweld. 

#BeSunshine

Die tema van vanjaar se wedloop is #BeSunshine, ’n boodskap van hoop en liefde. Kom stap met ’n doel vir die SPAR virtual challenge, stap in iemand anders se skoene met ’n hart van omgee en deel ’n stukkie sonskyn met jou medemens. Deelnemers word ook aangemoedig om boodskappe van bemoediging aanlyn te deel met #BeSunshine en #SPARVirtualChallenge.

Hoe werk vanjaar se wedloop?

Jy kan enige roete, enige plek en enige afstand hardloop op 26 September 2020 tussen 06:00 tot 18:00. 

Skryf aanlyn in by www.sparvirtualchallenge.co.za. Inskrywings kos R50 per persoon. 

Die eerste 30 000 inskrywings gaan ’n geskenkpak ontvang met ’n T-hemp, buff en ’n My Virtual Race -tydskrif. 

Draf vir liefdadigheid

’n Deel van jou inskrywingsgeld gaan bydrae om ’n stukkie sonskyn vir slagoffers van geslaggebaseerde geweld te gee. Die SPAR Virtual Challenge gaan in samewerking met Jacaranda FM se Good Morning Angels kospakkies skenk aan slagoffers en hulle families. 

Meer inigtiging

Die wedloop se reëls in onderhewig aan bepalings en voorwaardes. Besoek die webtuiste vir meer inligting, inskrywings en kontakbesonderhede. 

www.sparvirtualchallenge.co.za