’n Koppie koffie soggens is dalk meer as net ’n energie-inspuiting.

Gereelde koffiedrinkers – minder as 5 koppies ’n dag – het ’n kleiner kans

om voortydig dood te gaan, volgens nuwe navorsing in die Amerikaanse joernaal Circulation. Al hoe meer navorsing wys dit het dalk verskeie gesondheidsvoordele.

FOTO: Unsplash FOTO Unsplash

5 redes waarom koffie goed is vir jou

Diabetes - Sowat 11%. Dis hoeveel deelnemers aan ’n Amerikaanse studie hul kanse verminder het om in die daaropvolgende vier jaar diabetes te kry. Dis nadat hulle oor vier jaar hul koffie-inname met gemiddeld 1,69 koppies per dag vermeerder het.

Parkinson se siekte - ’n Hoe¨ kafei¨en-inname (en dus koffie) word met ’n aansienlik laer voorkoms van Parkinson se siekte geassosieer, wys Amerikaanse navorsing. Matige kafei¨engebruik kan dalk ook help vir die motoriese simptome, soos stadige bewegings, spierstyfheid, bewerigheid en verlies aan balans, volgens nog ’n studie in die Amerikaanse joernaal Neurology.

Lewerkanker - Koffie is goed vir jou lewer. Drie koppies koffie per dag kan jou risiko vir lewerkanker met tot 50% verminder, wys ’n Italiaanse studie.

Die hart - Drink koffie matig en dit kan jou teen hartversaking beskerm, volgens Israelse navorsing. (Die studie definieer matig as 2 koppies per dag.)

Beroerte - ’n Sweedse studie wys vroue wat meer as ’n koppie koffie per dag drink, se kans op beroerte is 25% minder. Geen of baie min koffie kan jou risiko inderdaad vergroot.

FOTO: Unsplash FOTO Unsplash

Lees nou

Sout-wet – sperdatum op ons!

3 wenke vir bobaas-gesondheid

5 redes waarom rooibos goed is vir jou