Dis een van die natuur se wonderwerke danksy ’n hele weermag antioksidante wat jou gesondheid kan beskerm en langlewendheid kan aanhelp. Boonop is dit goed vir jou vel! Dis trots Suid-Afrikaans, so eie aan ons land soos braaivleis, rugby en sonskyn. ’n Magiese plant wat natuurlike helende vermoe¨ns besit.

Hoewel rooibos reeds eeue lank gebruik word, is die voordele nie meer net anekdoties nie. Wetenskaplikes oor die wêreld heen ondersoek dit vir ’n beter begrip van hoekom dit so goed is vir ons gesondheid, en sedert die jare vyftig het meer as honderd studies oor rooibos in wetenskaplike joernale verskyn.

Ons bekyk die uniekheid van dié bossie wat deel is van die Kaapse fynbos-rykdom.

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2012 FOTO  Donna Lewis
SARIE KOS OKT/NOV 2012

Probeer ook: Rooibos-ystee

Goud in jou koppie:

5 redes waarom rooibos goed is vir jou

1. Beskerm teen kanker

• Kragtige plantchemikaliee¨ (wat onder meer ook as antioksidante optree) in rooibos kan kanker voorkom of vertraag.

• Rooibos kan moontlik sekere gene aanskakel wat help om kankerselle af te breek. Baie studies met rotte en muise het gewys dit kan die ontwikkeling van velkanker-letsels vertraag, voor-kankeragtige letsels in die lewer verminder en die ontwikkeling van papillome (goedaardige gewasse) in die slukderm strem.

* Verskeie artikels oor rooibos en kanker het in mediese joernale soos Mutation Research, Cancer Letters en Nutrition and Cancer verskyn.

2. Die hart en ander organe

• Ses koppies rooibostee (deur die dag) kan help om jou hart gesond te hou.

• Dit beskerm die lipiede in jou bloed teen vry radikale, verhoog vlakke van glutatioon (die liggaam se eie super-antioksidant) en verbeter die bloedlipied-profiel. Dit verminder die totale cholesterolvlakke, veral die vlakke van “slegte” LDL-cholesterol.

• Dit strem die aktiwiteit van ’n ensiem (ACE) wat vermoedelik betrokke is by die ontwikkeling van hartsiektes. ACE-inhibeermiddels word dan ook gebruik om hartsiektes en hoë bloeddruk te behandel.

• ’n Antioksidant in rooibos, chrisoëriol, kan vaskule^re hartsiektes voorkom en behandel. Dit kan ook die lugpyp verwyd (dis ’n sogenaamde brongodilator), bloeddruk help verlaag en spierspasmas verlig.

3. Stres

• Rooibos verminder die produksie van kortisol, die streshormoon. En dus ook die vernietigende uitwerking van stres op die liggaam.

• Streshormone maak jou boonop honger en moedig die stoor van vet aan. Jy sit dan gewig aan. Oorgewig word gekoppel aan onder meer hoe¨ bloeddruk, hartsiekte, metaboliese sindroom, insulienweerstandigheid en diabetes tipe 2.

4. Die lewer

• Rooibos voorkom die oormatige indringing van vetweefsel in die lewer – ’n potensieel ernstige toestand. Dit help ook beskadigde lewerselle herstel en word aanbeveel as ’n doeltreffende hulpmiddel om lewersiektes te voorkom en behandel.

5. Allergieë en inflammasie

• Rooibos help om allergieë te verlig deur die produksie van ’n ensiem (sitochroom P450) aan te wakker wat allergene help metaboliseer.

• Die antioksidant-effek van rooibos kan help om inflammasie te verminder en só kolitis (’n siekte wat sere in die kolon veroorsaak) help beveg.

photo-1460043838908-93987e531945