Die Grammy-wenner Adele het omtrent ’n suksesvolle jaar. ’n Uitverkoopte wêreldtoer en ’n topverkoper-album. Daarby lyk sy ongelooflik goed nadat sy gewig verloor het met die SIRT-dieet - dieetkundige Mariza van Zyl het aan SARIE gesê dit kan jou dalk net goed doen - lees meer hier.

Maar onlangs het Adele erken dat sy in 2012, ná die geboorte van haar seun, Angelo, aan postnatale depressie gely het.

"Ek het aan erge postnatale depressie gely ... en dit het my laat skrik," het Adele aan Vanity Fair gesê.

Sy het met niemand daaroor gepraat nie en net in stilte daarmee probeer worstel.

Postnatale depressie bei¨nvloed 10 tot 40% van alle ma’s. Dit beteken sowat 50 000 nuwe gevalle word jaarliks in Suid-Afrika aangemeld.

"Ek wou nie met iemand praat nie. Dit kom in verskillende vorms. Ek was obsessief oor my kind. En net die heeltyd gedink dit was die grootste fout van my lewe!"

Vir Adele het genesing gekom toe sy met ander ma's begin praat het.

adele-december-2016-cover

Om te weet

Daar is drie soorte depressie waaraan nuwe ma's kan ly – postnatale blues, postnatale depressie en angs, en postnatale psigose.

- Postnatale blues word gekenmerk deur huilerigheid en skommelende emosies. Dit duur tot ’n paar dae na´ die geboorte.

- Postnatale depressie en angs is veel ernstiger as die blues. Die simptome kan jou lewe ernstig aan bande le^ en kan van ’n paar weke tot ’n paar maande of selfs ’n jaar duur. ’n Kombinasie van medikasie, terapie en ’n goeie ondersteuningsnetwerk word aanbeveel om dit te beheer.

- Postnatale psigose is die “diepste blou” van die gees. Een tot twee vroue uit elke duisend kry dit na raming. Dit kom gewoonlik twee tot vier weke na´ die baba se geboorte voor. Simptome sluit onder meer versteurde gedagtes, erge depressie, manie en psigose in. ’n Pasie¨nt kan ’n gevaar vir haarself en die´ om haar inhou en moet dadelik gehospitaliseer word.

FOTO Unsplash FOTO Unsplash

Hoe weet jy dat jy aan postnatale depressie ly?

As jy ’n hele paar van die volgende simptome na´ die geboorte van jou baba het, is dit raadsaam om jou ginekoloog en/of psigiater te raadpleeg. Dit is bloot riglyne.

Jy voel onder meer:

- Afgestomp en verwyderd van jou baba.

- Langer as sowat tien dae huilerig, hartseer en “af”.

- Sonder selfbeeld.

- Asosiaal en nie lus om mense te sien nie.

- Obsessief oor hoeveel slaap jy nie kry nie.

- Vergeetagtig en verloor dinge.

- Nie geesdriftig oor enigiets nie en kan niks geniet nie.

- Skuldig oor jou gevoelens as nuwe ma – jy het gedink jy sou heeltemal anders voel.

- Nie lus om jouself te versorg nie.

- Nie lus om vir enigiets te lag nie.

- Altyd bekommerd dat daar iets fout is met die baba, selfs al verseker almal jou alles is oukei.

- Asof jy alle begrip van tyd verloor het.

- Jy wil die baba en jouself beseer.

- Jy het geen belangstelling in die we^reld nie en jou energievlakke is altyd laag.

Bronne: Post Natal Depression Support AssociationNHS Choices

Lees nou

Sound of Music se Liesl oorlede

Uitbranding, stres en depressie oorheers ons wêreld

Nageboorte-depressie: Henré Pretorius se Nadine ‘lééf weer’