Die Britse sangeres Adele, bekend vir haar treffers soos “Hello”, “Skyfall” en “Rolling in the Deep”, het die wêreld aan die gons nadat sy onlangs by kletsrymer Drake se verjaardagpartytjie gekiek is.

Hoekom? Sy het hope gewig verloor en lyk ongelooflik. In Julie het Women’s Health al geskryf dat die Engelse roos meer as 6 kg verloor het nadat sy ’n streng oefenprogram en gesonder eetplan begin volg het. Sy het so besluit nadat sy en haar man, Simon Konecki, se paaie geskei het.

Haar oefensessies, wat elk 60 minute duur, bestaan uit ’n kombinasie van pilates-, kardio- en baanoefeninge. Sy het ’n persoonlike afrigter om haar te help om gemotiveer te bly.

Sy volg glo steeds die SIRT-dieet, waarmee jy tot 3 kg per week kan verloor. Lees meer oor die dieet hier

Die sangeres het op Instagram ’n foto van haar ongelooflike transformasie gedeel en geskryf: “Ek het in die verlede gehuil, maar nou sweet ek.”

Die blondekoop is die ma van ’n 7-jarige seuntjie, Angelo. Hy is glo die rede vir haar gewigsverlies en leefstyl-verandering.

Kyk net die transformasie:

Toe 

LONDON - OCTOBER 6: Adele arrives for the BMI Awa
Adele in 2009. FOTO Getty Images / Gallo Images

Nou

FOTO Instagram / Armen
FOTO Instagram
FOTO Instagram / Armen

Slanker vir somer? Volg dié plan 

Trek jou tekkies aan en verslank saam met SARIE – alles in die gemak van jou eie huis! Ons almal het ons redes. Of dit nou ter wille van jou gesondheid is, om lekkerder saam met die kinders te kan speel, ’n skoolreünie wat om die draai is of die wens om weer in jou gunsteling-jeans te pas – saam met SARIE kan jy hierdie doelwit aanpak en bereik. Wil jy aansluit? Klik hier.

Addisonele bronne: Mirror, Women's Health, Daily Mail