Jan van Zyl, persoonlike sport- en oefenkundige van Elite Training in Kaapstad, sê sy kliënte kry hiermee vinniger en beter resultate as met konvensionele oefeninge, want op die Power Plate™ werk meer spierweefsel en spiergroepe in ’n betreklik kort tyd.

Hier is Jan se program:

1. Hurk (squats)
Staan met jou bene skouerbreedte uitmekaar en byna 90° gebuig (die “ski-posisie”). Moenie aan die Power Plate™ “hang” nie, probeer op jou eie balanseer. (Vir bobene en kuite.)

1. Hurk

2. Lunges
Sit jou een voet op die Power Plate™, jou been 90° gebuig. Jou ander been is byna parallel met die vloer. Probeer jou gewig eweredig oor albei bene versprei. (Vir bobene, boude en kuite.)

2. Lunges

3. Brug
Sit jou voorarms op die Power Plate™. (Dit moet ’n 90°-hoek met jou bo-arms vorm.) Jou bene is reguit en jou tone op die vloer. Hou jou rug reguit. Span jou maagspiere en trek jou elmboë na jou tone. Dit laat verskeie spiergroepe werk en is uitstekend om jou sirkulasie te verbeter.

3. Brug

Vir punt 4 (heupmassering), 5 (bobeen-massering) en 6 (kuitmassering) hoef jy niks te doen nie. Dis passiewe behandelings wat jou sirkulasie verbeter (en dus selluliet beveg).

4. Heupmassering

5. Bobeen-massering

6. Kuitmassering

Tyd op die Power Plate™
Sowat 30 minute. Herhaal elke oefening 2 keer. Probeer dié program met kardiovaskulêre oefening kombineer, soos stap, draf of fietsry.

Wat as jy nie toegang tot ’n Power Plate™ het nie?
Doen dan bloot konvensionele weerstandsoefeninge (bv. met gewigte). Konsentreer op ál jou spiergroepe, nie net op probleem-gebiede nie.

Vir afsprake: Jan, 083 395 4003, jvz246@gmail.com

Hier is die sop-resep waarna daar in die eetplan verwys word.

* JOU VOLLEDIGE EETPLAN TEEN SELLULIET + EET JOU MAALTYE SÓ