Styselgroente

BESTE KEUSE:

• Patat
• Botterskorsie
• Pampoen
• Aartappel met skil (kies die wasagtige variëteite)
• Groenmielies

GOEIE KEUSE:

• Bevrore styselgroente (sonder bygevoegde vet) bv. mielies en ertjies

NIE NOODSAAKLIK:

• Geblikte mielies en ander styselgroente
• Oondskyfies

ONNODIG:

• Kits-kapokaartappels
• Wegneem-skyfies
• Geroomde mielies/ertjies



Melk en melkprodukte

BESTE KEUSE:

• Organiese, onversoete sojamelk
• Amandelmelk
• Organiese jogurt (ongegeur, laevet)

GOEIE KEUSE:

• Kaas (hard)
• Ryp en skimmelkase (Camembert, Brie en bloukaas)
• Maaskaas (sonder preserveermiddels, laevet)
• Organiese melk (laevet)
• Melk (laevet)

NIE NOODSAAKLIK:

• Maaskaas met preserveermiddels (laevet)
• Smeerkaas (vol-/ laevet)
• Roomkaas (volvet)
• Botter

ONNODIG:

• Gegeurde/kunsmatig versoete jogurt (vol-/ laevet)


Diereproteien

BESTE KEUSE:

• Vis
• Vryloop: hoender, skaap, bees, eiers

GOEIE KEUSE:

• Vark
• Volstruis
• Hoender
• Bees
• Skaap (Kies maer snitte en verwyder sigbare vet)

NIE NOODSAAKLIK:

• Wors
• Biltong/droëwors
• Deli-kouevleise (salami, ham)

ONNODIG:

• Polonie e.a. geprosesseerde kouevleise
• Spek


Olies, smere, neute, sade

BESTE KEUSE:

• Avokado en avokado-olie
• Neute (rou) en neutolies
• Olyfolie (koud gepars)
• Sonneblom-/ander sade soos sesam-, lynsaad
• Olywe

GOEIE KEUSE:

• Kanola-olie
• Pesto (olyf- of kanolaolie)

NIE NOODSAAKLIK:

• Kommersiële tapenade, patees en doopsouse (veral dié gemaak van sonneblom-olie)

ONNODIG:

• Sonneblomolie
• Gesoute neute
• Margarien
• Diepvet-gebraaide geregte
• Mayonnaise


Stysel: Grane en meel

BESTE KEUSE:

• Bruin- en wilderys (gewoon/basmati)
• Heel bokwiet
• Heelkorrel-hawer en growwe hawermeel (steel-cut oats)
• Heelkorrel-koring en rog
• Quinoa
• Lensies
• Droëbone en kekerertjies

GOEIE KEUSE:

• Hawermout (rolled oats)
• Steengemaalde volkoringmeel
• Steengemaalde mieliemeel
• Stampmielies

NIE NOODSAAKLIK:

• Kits-hawermout
• Kokosneut-meel
• Koeskoes
• Pasta gemaak van durum-meel
• Braaipap

ONNODIG:

• Kommersiële meel (witmeel, bruinbroodmeel en kommersiële volgraanmeel)
• Witrys
• Pasta
• Kits-ontbytgraan


Lekkernye

GOEIE KEUSE

• Donkersjokolade (70%-kakao en meer)
• Mikrogolfspringmielies, gesout (sonder gehidrogeneerde vette)
• Droëvrugte
• Porsie-gekontroleerde lae-GI-vrugtestafies
• Geroosterde/gebakte vrugte met jogurt

NIE NOODSAAKLIK

• Lekkergoed versoet met xilitol of sorbitol
• Gesoute aartappelskyfies
• Gegeurde springmielies
• Ingelegde vrugte (in sap)
• Bevrore jogurt-roomys versoet met xylitol

ONNODIG

• Diabetiese ‘lekkernye’ bv. roomys en sjokolade
• Gegeurde aartappelskyfies
• Koeldrank – ook kunsmatig versoetes
• Suiwer vrugtesap


BESOEK: Mariza se webblad, www.betereet.co.za, vir ’n bygewerkte lys