WAT JY DALK NIE GEWEET HET NIE...

Diabetes is 'n wêreldwye epidemie met 'n verwoestende sosiale en ekonomiese impak.

Elke 10 sekondes sterf iemand iewers in die wêreld as gevolg van diabetes en binne diesélfde 10 sekondes ontwikkel 2 mense hierdie siekte.

Die Internasionale Diabetes-stigting skat daar is tans sowat 850 000 Suid-Afrikaners met diabetes en daar word verwag dat dié syfer met 'n stewige 19% sal groei tot 2015.

1 uit elke 5 mense bo die ouderdom van 35 het tipe-2-diabetes en meer as 50% van hulle is nie daarvan bewus nie.

Tipe-1-diabetes is wanneer die liggaam die insulien-produserende pankreaselle vernietig.

Tipe-2-diabetes is wanneer die insulien-produksie nie doeltreffend plaasvind nie. Dié soort diabetes is oorspronklik beskryf as die oumens-siekte, maar toon tans stewige groei onder skoolgaande kinders.

Hierdie week is Wêreld-diabetes-week. Dit beteken dat organisasies en maatskappye wêreldwyd, ook in Suid-Afrika, mense bewus sal maak van die risiko's en voorkoming daarvan. Die tema van die Wêreld-diabetes-week fokus spesifiek op die voorkoming en opvoeding rondom diabetes, met die klem op onmiddellike beheer. Hierdie siekte word beskou as een van die grootste sluipmoordenaars in Suid-Afrika. Navorsing toon dat 32% van alle onnodige hospitaaltoelatings diabetes-verwant is.

BEKENDES MET DIABETES

Bret Michaels (hoofsanger van Poison)

Shaleen Surtie-Richards

Larry King (aanbieder)

Nick Jonas (sanger van Jonas Brothers)

Halle Berry (aktrise)

Salma Hayek (aktrise)

Elvis Presley (sanger)

Aretha Franklin (sangeres)

Randy Jackson (American Idol-aanbieder)

Lees nog:
Ek en my cravings: "My koninkryk vir 'n roomys. Nou!" - Hier's raad
20 stappe na 'n gesonder jy - Als wat jy kan doen
Ek eet my migraine weg - SARIE-leser vertel
Is muffins gesonder as koek? - 13 mites oor kos