Haat jy opsitte? Goeie nuus!

Dís nie die beste manier om jou maagspiere te oefen nie, het 'n nuwe studie bevind, berig Allure.

Die doeltreffendste oefening om jou maagspiere te oefen is side plank en twee Pilates-oefeninge: die dubbelbeen-strek (the double-leg stretch) en die Pilates 100.

Side plank:

FOTO: Instagram @purtygirlann FOTO: Instagram @purtygirlann

’n Gevorderde weergawe van side plank:

FOTO: Instagram  @debluvsyoga FOTO: Instagram @debluvsyoga

Vir die dubbelbeen-strek moet jy op jou rug lê met jou knieë teen jou bors. Vorm dan ’n V met jou lyf deur jou arms en bene uit te strek, soos op dié video:

Die Pilates 100-oefening is al lank met ons, maar volgens dié studie oefen dit die onderliggende maagspiere.

Nog oefeninge wat die ding doen: joga se boot-posisie en ’n facedown plank op ’n oefenbal werk al die groot spiere om jou middel, insluitend die spiere teen die kant van jou middel.

Die minste effektief? Enige maagoefeninge wat jy doen terwyl jy staan, soos standing crunches en side bends.

Onthou, om ’n plat maag te kry, moet jy ook kalorieë verbrand deur kardiovaskulêre oefening te doen.

*Die studie het 30 vrywilligers se maagspiere getoets. Dit is by die Auburn Universiteit in Alabama gedoen deur prof. Michelle Olson.

Bron: Allure en South China Morning Post

Nóg wenke vir ’n platter maag

september corne crous corné kim 7de laan

Ons gesondheidsredakteur Lydia van der Merwe het ook in die September 2014-uitgawe van SARIE ander redes vir ’n groot middel ondersoek.

Lees van dié redes hier.

Lees nou