Jy voel gereeld opgeblaas, buierig en naar. Is dit nie tyd vir 'n nuwe Pil nie? 

Die Pil het net meer as 50 jaar gelede, nadat dit in Amerika die lig gesien het, ons ma’s en oumas se lewens vir altyd verander. Dit het hulle die mag gegee om ’n belangrike keuse te maak: om self te besluit wanneer hulle kinders wil hê. En daarmee saam het ongekende vryhede gekom. Hulle kon ’n opvoeding kry, ’n loopbaan najaag . . .

Maar waar ons ma’s en oumas se liggame geweldig sterk dosisse estrogeen moes trotseer om hul nuwe vryhede te bekom, was navorsing daarvoor verantwoordelik dat ons vandag steeds die vryheid van die Pil kan geniet, maar met baie minder estrogeen in die samestelling. Dit beteken natuurlik aansienlik minder newe-effekte.

Die laaste tyd het ’n klomp nuwegenerasie-voorbehoedpille op die mark gekom – die sogenaamde ultraligte Pil met tot tien maal minder estrogeen.


Van die jongstes is een met die naam Qlaira. Kyk net die voordele wat dit vir jou inhou:

  • Dit bevat 'n "natuurlike" vorm van estrogeen wat moontlik sagter op jou lyf behoort te wees.
  • Newe-effekte soos buierigheid en hoofpyn weens onttrekking behoort minder te wees.
  • Jy behoort minder en ligter te menstrueer.
  • Die "natuurlike" estrogeen behoort minder skadelik vir jou lewer te wees.
  • Jy behoort minder estrogeen-newe-effekte te ervaar (soos teer borste en vogretensie).

LEES IN DIE AUGUSTUS-UITGAWE VAN SARIE

  • Hoe Qlaira werk.
  • Wat dit vir jou kan beteken.
  • Hoe radikaal dit verskil van die Pil wat 50 jaar gelede verskyn het.
  • Nog meer voordele wat dit vir jou kan inhou.