Die somer is om die draai en binnekort is dit tyd vir son, see en swembroeke. Kapenaars woon glo in die gesondste stad in Suid-Afrika. Die mediese skema Discovery het 'n verslag, Discovery Vitality ObeCity Index 2017, vrygestel wat die gesondheid, gewig en eetgewoontes van meer as 500 000 Vitality-lede gebruik het. 

Volgens die verslag het Kapenaars die gesondste gemiddelde gewig en hulle koop die meeste groente en vrugte. Die stad wat die meeste sout en suiker gebruik is Durban.

Hier's die stede wat gemiddeld die meeste mense met normale gewig bevat:

1. Kaapstad

2. Johannesburg

3. Durban

4. Pretoria

5. Bloemfontein

6. Port Elizabeth

Luidens die verslag is daar wêreldwyd 2.1 miljard mense wat aan vetsug ly. In Suid-Afrika ly 42% vroue aan vetsug. Die gevare van vetsug sluit Tipe 2-diabetis, hoë bloeddruk en hartvatsiekte in.


Lees die volledige verslag hier