JOU SKILDKLIER GALOP

Met ’n ooraktiewe skildklier vervaardig jou liggaam te veel hormone. Dit versnel die spoed waarteen dit “brandstof” in energie omskep, wat jou warm maak. (Nes ’n enjin wat te hard werk.) Jy kan ook dorser, hongerder en sweterig voel, diarree en ’n jeukerige uitslag hê.

JOU VERKOELINGSTELSEL LOL

As jy hartvatsiekte het, verwyd jou bloedvate nie soos dit moet nie en jou liggaam se sweetgebaseerde afkoelingstelsel werk nie so lekker nie. Dis dan moeiliker om af te koel as jy warm kry. Iets soortgelyks gebeur as jy weens komplikasie met diabetes (tipe 1 en 2) bloedvatskade ontwikkel het.

DIE JARE STAP AAN

Dis warm buite en jou hart moet meer bloed na die oppervlak pomp om jou liggaam te help afkoel. Maar nou is jou ou tikker nie meer so sterk nie en moet dus harder werk. Jou bloedvate verwyd dalk boonop nie soos vantevore om bloed vinnig by die veloppervlak te kry nie.

SOFAPATAT!

Geweet as jy fiks is, kan dit help om jou koel te hou? Dis nie duidelik waarom nie, maar studies het gewys mense wat meer aërobiese oefening doen – die soort wat jou hart vinniger laat pomp – koel beter af as hulle warm kry.

DIS JOU PILLE

Sommige voorskrifen oor-die-toonbank-medikasie kan veroorsaak dat jy oormatig warm kry en sweet. Dit sluit in: sinkaanvullings en ander medikasie met sink; sekere antidepressante; hormoonmedikasie; antibiotika; pynstillers; en hart- en bloeddrukmedikasie.

BRON webmd.com, healthline.com