1. Jou asemhaling versnel, ’n sneller vir asma, paniekaanvalle, infeksie van die boonste lugweg.

2. Tande: Jy kan daarop kners wanneer jy slaap.

3. Hart: Die risiko vir hartprobleme, hartaanvalle en beroerte is hoër weens onder meer hoër cholesterol- en bloeddrukvlakke.

4. Seksualiteit: ’n Algemene oorsaak van lae libido en erektiele disfunksie.

5. Lewer: Meer bloedsuiker word afgeskei vir meer energie. Dit kan oor tyd die risiko vir diabetes tipe 2 by mense met ’n geneigdheid daartoe verhoog.

6. Selfbeheer: Dit kan ’n effek hê op die deel van die brein wat met selfbeheer verbind word. Sommige mense eet dan verkeerd en dit lei tot gewigstoename en vetsug. Dit affekteer ook waar vet in jou lyf gestoor word: In die maagarea, wat baie ongesond is.

7. Maag: Spysverteringsprobleme, sooibrand, prikkelbaredermsindroom, maagpyn.

8. Menstruasie: ’n Ongereelde siklus.

9. Jou immuniteit word afgetakel en die kanse vir infeksies groter.

10. Spiere: Spierspanning, fibromialgie, nek-, rug- en skouerpyn, hoofpyn.

Lees ook

Pasop! Jy kán te veel slaap

As als net te veel raak

Raak só ontslae van jou maag