* Skryf al jou ou denke oor dieet op ?’n Kerskaartjie en sit dit in ’n Kerskous. Jy het dit dan weggegee, dis nie meer joune nie.

* Skryf nou op ’n ander kaartjie hoe jy jou denkpatroon wil verander – en skenk dit aan jouself.

Byvoorbeeld: As ek op dieet is ... is ek onmiddellik rasend honger en wil alles wat voorkom eet. (Dis omdat die ongemak van jare se hongerly-diëte in jou gedagtepatrone vasgelê is.)

Vervang dit met: Ek voed my liggaam en is gesond. Goeie samesyn is deel van gesond wees – en ek kan besluit wanneer ek genoeg geëet het.

* Skakel élke Donderdag tussen 1 nm. en 2 nm. in op SARIE se Facebookblad waar dieetkundige, Mariza van Zyl van www.bettereat.co.za, regstreeks jou dieetvrae sal beantwoord. Sy blog ook élke week oor dié dieetdinge wat pla.