Ja, selfs al hét jy hoë cholesterol, hoë bloeddruk, 'n boepie, selfs diabetes. Daar ís egter een voorwaarde: dit moet goeie sjokolade wees. Kies eerste donkersjokolade, dan melk- en wit sjokolade. Sjokolade met vulsels is ongelukkig uit.

Goeie sjokolade is goed vir jou cholesterol
Die soort vet in goeie sjokolade word nie effektief deur jou liggaam opgeneem nie. Dit kan dus nie gebruik word om cholesterol te vervaardig nie. Studies wys ook goeie gehalte donkersjokolade kan die vlakke van jou sogenaamde ''goeie'' cholesterol verhoog – iets wat jy andersins net met oefening en die matige gebruik van alkohol sal regkry. ''Goeie'' cholesterol help om jou teen hartsiekte te beskerm.

Dié soort sjokolade kan ook jou bloeddruk verlaag. Studies wys ook dit stabiliseer glad bloedsuikervlakke.

Kan ek dus elke dag sjokolade eet?
Mits dit van goeie gehalte is. As ''bitter'' donkersjokolade alleen nie jou smaakkliere prikkel nie, probeer die soort wat bv. met lemoen gegeur is. Of dié met neute. Gee jou kinders saans tuisgemaakte warmsjokolade wat met kakaopoeier en heuning gemaak is. Leer hulle van kleins af om werklik goeie sjokolade te eet. Die hoërige prys daarvan sal dié bederfie klein hou – óók belangrik!

Bron: Mariza van Zyl, RD(SA), geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Besoek haar webblad by www.betereet.co.za.