Die gewilde Top Billing-aanbieder Jade Hübner is ’n fiksheidsfanatikus en alombekend as “GI Jade”. En nie verniet nie! Komende Saterdag, 1 Oktober, neem sy aan haar eerste driekamp deel by die 30ste Freshpak Fiksheidsfees op Clanwilliam. En haar leuse vir die lewe is eenvoudig: Luister na jou liggaam en streef na geluk!

Haar rede vir hierdie uitdaging? "Ek wou nog altyd aan ’n driekamp deelneem vir die lekkerte en hou daarvan om myself uit te daag," het sy aan SARIE.com vertel.

Dís Jade se oefenprogram en -skedule!

"Twee tot ses keer ’n week sal ek boks, draf, branderry, ‘wakeboard’, raakrugby speel, die gimnasium besoek of Sweat1000-klasse toe gaan. Ek het onlangs ook saam met ’n span by die gimnasium begin swem om vir die driekamp voor te berei. Maar ek is nie te streng met myself as ek nie by al my oefensessies uitkom tydens my besige skedule nie."

Jade se 5 wenke vir ’n gesonde leefstyl

- Luister na jou liggaam.

- Streef na ’n gelukkige leefstyl en doen net die beste wat jy kan.

- As jy - soos ek! - sielkundig sukkel om jouself by die gimnasium te kry, doen eerder ander aktiwiteite.

- As jy sukkel om jouself te motiveer, doen ’n fiksheidsklas waar daar hope ondersteuining is of oefen saam met vriende.

- As jou vriende hulle nie kan verbind nie, sluit by ’n drafklub aan, doen spanoefeninge of klasse. Daar is altyd ’n manier om dinge meer pret te maak sodat dit nie soos oefening of iets onmoontliks voel nie.

Lees nou

5 stappe na ’n stylvoller jý

Jy’s moeg, jy’t krampe? Te min magnesium!

Kate Middleton laat wéér die koppe draai!