Ons nuwe webtuiste, Gesonder met SARIE, is ’n aanlyn platform wat jou nie net sal help om die kilo’s af te skud nie, maar jou ook inspireer om gesonde laekoolhidraat-eetgewoontes ’n langtermynkeuse te maak. Ons wil die manier hoe jy kos koop en jou maaltye beplan, verander.

Die aanlyn program bevat heerlike resepte, inkopielyste, weeklikse eetplanne en als wat jy moet weet oor ’n laekoolhidraat-leefstyl.

Die oomblik wat jy inteken, kry jy toegang tot die hele Gesonder met SARIE-plan, wat jy van jou rekenaar of enige mobiele toestel met internettoegang af kan oopmaak. Dis nie nodig om ’n app af te laai nie. Begin eenvoudig by Week 1, Dag 1 en volg die plan daagliks – vir ’n gesonder jy in net 6 weke!

TEEN R499 KRY JY DIE VOLGENDE:

  • ’n Weeklikse inleiding wat verduidelik wat in die week vir jou voorlê – met uitstekende raad en wenke om jou aan die gang te kry

  • ’n Weeklikse inkopielys

  • ’n Weeklikse eetplan en resepte (in Week 1 kry jy bv. ’n resep om murgpampoentjiepasta en lamskerrie met minder koolhidrate te maak)

  • Die lys van kossoorte wat jy mag en nie mag eet nie

  • Jou eie maaltydbeplanner

  • 12 paleo-resepte

Gebruik die koepon #Gesonder2020 by die betaalpunt en kry 20% afslag! 

Vir meer inligting en om in te teken, besoek www.gesondermetsarie.com