Water se vele buie

Jou badwater se temperatuur kan jou energievlakke beïnvloed. ‘n Koel stort kikker jou op, ‘n warm bad (teen liggaamstemperatuur) laat jou ontspan en ‘n baie warm een laat jou snags lekker slaap.
 

Neptunus se genesende krag

Al gewonder waarom so baie sepe, rome en badprodukte na die see ruik? Dit laat jou ontspan. Navorsing wys ’n seereuk verminder sametrekkings van jou gesigspiere met tot 20%. 
 

Soete lyfskrop

Ook geskik vir sensitiewe velle. Jy het nodig: 2 koppies bruinsuiker 1 koppie heuning 3 teelepels suurlemoensap 2 teelepels gemmer (rasper vars gemmer of gebruik dit gedroog) Vat hande vol om jou vel te skrop terwyl jy stort. Soet, verfrissend en heerlik! Bron: www.faithful-to-nature.co.za
 

Mosterdbad

Haal die winter uit jou lyf. Voeg ’n bietjie mosterd in jou badwater vir verkoue en stywe gewrigte. Uit: Gesonde Raad deur Dione Sale (JL van Schaik, 2000)
 

Dryf na droomland

1. Tap ’n bad warm water en los sowat 450 g Engelse sout daarin op. Dis baie kalmerend, veral kort voor slaaptyd. (Nie vir hartlyers, diabete en mense wat moeg en swak voel nie.) Ontspan verder terwyl jy aan ’n koppie kruisement-tee teug. 2.Wees versigtig as jy uitklim – jy kan dalk lighoofdig voel. Uit: Gesond binne vyf minute deur Jane Alexander (Tafelberg, 1999)
 

Brand ’n kers

Staar na die vlam en dit sal jou stadiger en dieper laat asemhaal. En jy sal . . . ontspan, sê die leefstyl-ghoeroe Jane Alexander. Bron: www.janealexander.org