Neil Tovey, legendariese voormalige kaptein van Bafana Bafana, se toestand het “ietwat verbeter” ná sy hartaanval. Hy was Sondag besig om te oefen vir ’n liefdadigheidsfietsren toe hy inderhaas hospitaal toe geneem moes word, berig Netwerk24.

“Dinge gaan effens beter met Neil, maar hy is steeds in ’n kritieke toestand,” sê sy broer, Mark. “Die dokters is voortdurend besig om hul volle aandag aan hom te skenk. Hulle moet nog die omvang van die skade aan sy hart, longe en dalk selfs brein bepaal.”

Tovey (54), Suid-Afrika se kaptein toe die span in 1996 die Afrika-bekertoernooi op tuisbodem gewen het, het ’n geskiedenis van hartprobleme. Hy is in 2015 ook opgeneem nadat sy hart tydens ’n informele muurbalwedstryd gaan staan het, volgens Netwerk24.

SOS – hartaanval!

Let op na die volgende waarskuwingstekens:

Ongemak, drukkende gevoel of pyn in die middel van jou bors. Ook pyn of ongemak in een of albei arms, rug, nek, kakebeen of maag. Maar het jy geweet sommige mense, veral vroue en bejaardes, het "pynlose’’ hartaanvalle? Sowat 43% van vroue wat deelgeneem het aan ’n studie deur die Amerikaanse Nasionale Instituut vir Gesondheid het geen borspyne tydens enige fase van ’n hartaanval gehad nie. (Bron: usgovinfo.about.com)

Let dan op vir die bykomende simptome: Jy voel baie swak, is duiselig, het hartkloppings, koue sweet, is kortasem, naar, vomeer en dit voel of iets vreesliks gaan gebeur.

FOTO  Pressfoto - Freepik.com FOTO
Pressfoto - Freepik.com

Só verskil dit van ander noodtoestande:

*Beroerte: Verlamming in jou arms of bene, doodsheid, tinteling, verwarring, duiseligheid, dubbele visie, praat sleeptong, sukkel om woorde te vind, swakheid, veral aan een kant van gesig of lyf.

*Bloedklont in die been, veral as jy lank gesit het, bv. op ’n vliegtuig: Teerheid en pyn in jou kuit, borspyn, kortasem of jy hoes bloed.

*Bloed in jou urien sonder enige pyn kan ’n vroeë teken wees van kanker van die niere, blaas, prostaat of ureter (lg. is die buis wat urien van die nier na die blaas lei).

Kry in al dié gevalle onmiddellik doktershulp. Bronne: www.Webmd.comusgovinfo.about.com

Het jy geweet?

Neil se dogter Jessica is ’n Mej. SA-semifinalis vir 2017 (foto hieronder).

Lees nou

5 bonusse as jy gewig verloor!

Speel só klaar met letsels

Viola Davis as kind geboelie