Party van ons hou van 'n warm bad, ander geniet 'n vinnige stort. Met die Kaap wat 'n waterkrisis beleef, is stort Kapenaars se enigste opsie. 

Volgens Healthy Way is daar 'n paar stortgewoontes waarmee jy moet stop. Is jy skuldig?

1. Jy was jou gesig in die warm stort

Dit mag dalk na 'n slim plan klink, en jy spaar beslis tyd, maar volgens dermatoloë is dit sleg vir jou gesig. Veral as die water baie warm is.  Nie net kan dit vergrote bloedvate veroorsaak nie, dit droog jou vel ook uit. As jy nie kans sien om jou stortroetine te verbreek nie, was jou gesig eerder in louwarm water. Lees meer hier

2. Jy los jou skeermes in die stort

Die meeste van ons bêre ons skeermesse in die stort, dis makliker en byderhand. Maar die klammigheid en water kan 'n broeiplek vir bakterieë wees, veral jy dit direk onder die krane stoor. Plaas jou skeermes eerder in 'n plek met hoogte, waar dit behoorlik kan droog word. Lees meer hier.

3. Jy was nie jou voete nie

Ten spyte van water wat onderdeur jou voete vloei, is dit steeds nie 'n effektiewe manier en kan veroorsaak dat swamme begin groei. Lees hier.

4. Jy stort nie ná jou oefensessie nie

Dis nie net die reuk waaroor jy moet bekommer nie, maar ook die bakterieë. Lees hier.

5. Jy vervang nie jou veselspons gereeld nie

Hang daai spons nou al vir jaar in jou stort? Droog jy dit nie behoorlik uit nie. Dís hoekom jy dit gereeld moet vervang: