Só berig People.com

1. Hilary Duff: Die herstel-dieet - gee jou liggaam 'n hupstoot!

Hilary is bekend daarvoor dat sy haar liggaam 'n hupstoot gee deur smoothies van die fiksheids- en voedingsghoeroe Harley Pasternak te drink.

sk0812smoothies01

Wat eet sy? Dié 3-fase-plan skop af met 'n 5-dag-smoothie-dieet vóór alternatiewe koskeuses soos groente, laevet hoemoes, steak en spinasie-slaai ook deel uitmaak van dié plan.

2. Ashley Greene - Sunfare-dieet

Twilight-ster Ashley Greene se vietse lyf is te danke aan die gerieflike Sunfare-dieet, 'n spesiale eetplan wat 'n afleweringsdiens insluit. (Jou etes word by jou huis afgelewer, en sluit vegetariese- en glutenvrye opsies in.

FOTO: Micky Hoyle FOTO: Micky Hoyle

Wat eet sy? Daar is talle etes beskikbaar deur Sunfare, soos kersie-hawermout vir ontbyt, tunaslaai vir middagete, of sitrus-hoender vir aandete met 'n maaskaas-peuselhappie.

3. Gwyneth Paltrow: Die allergievrye dieet

Gwyneth deel haar dieetgeheime in haar boek, It's All Good. Hierin sny sy veral kosse uit wat volgens navorsing vir jou 'sleg' is: brood, diepsee-vis, hoender, eiers, suiker en rooivleis.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Wat eet sy? Haar dag begin met 'n groen sap propvol spinasie, appel, suurlemoen, kruisement en gemmer. Vir middagete eet sy graag beet-en-groentesop, en amandels wat in water geweek word. (Jou liggaam verteer dit dan makliker.) En vir aandete sal daar hoender met haar eie paprika-speseryresep op die spyskaart wees.

Watter dieet volg Sofia Vergara en Kim Kardashian?

Klik hier om te sien!