Talle navorsers wat wou vasstel watter beroepe die gesondste is, het die ontdekking gemaak dat dirigente onder die mense is wat die langste leef en goeie gesondheid geniet.

Aanvanklik het hulle gemeen dit kan toegeskryf word aan blootstelling aan musiek, maar verdere ondersoek het gewys die kenmerkende armbewegings van dirigente verbeter die bloedsomloop na belangrike organe in die bolyf, soos die brein, hart en longe. Jy kan op dieselfde manier voordeel trek deur gereeld deel te neem aan ’n aktiwiteit soos t’ai chi of qigong (Oosterse gevegskunste) waarin jy ook jou arms baie beweeg.

Oorweeg dit om gereeld te draf of te gaan stap – en swaai jou arms om ekstra voordeel te kry.

Moet ook nie vergeet van een van die gewildste maniere om oefening te kry nie. Navorsing het gewys seks kan breinselle laat vermeerder, en moontlik lei tot die afskeiding van stowwe wat die brein teen streshormone beskerm.

Probeer ten minste een fisieke aktiwiteit wat jy tot in jou gryse ouder-dom kan beoefen nou al by jou roetine voeg. Soos joga, t’ai chi en pilates.