Jou oë voel dikwels "moeg", ongemaklik, geïrriteerd of krapperig. Dit brand of traan soms oormatig. 

Droë oë ontwikkel omdat jou oë nie genoeg trane vervaardig nie. Trane vorm ‘n beskermende lagie op jou oog-oppervlak. Daar kan verskeie redes wees: Soos omgewingsfaktore, bv. die weer of lugverkoeling. Of jy werk lang ure agter ‘n rekenaar. Sekere medisyne kan dit veroorsaak (antihistamiene, die Pil, aknee medikasie). Of sekere mediese toestande (die menopouse, skildklier probleme, rumatoïede artritis.) Mense met droë kykers diagnoseer dit dikwels self en gebruik oormatige baie produkte wat belowe om die oë wit (minder rooi) te maak. Die uitgerekte gebruik daarvan kan simptome vererger. Gebruik produkte sonder preserveermiddels. Hoewel nodig in die meeste oogdruppels, is dit giftig vir die oog as dit te lank gebruik word. Droë oë is veral gevoelig vir dié toksiese effekte. 

As jy kontaklense dra, is dit belangrik om nie produkte met preserveermiddels te gebruik terwyl jy dit in het nie, volgens die Pretoriase Ooginsituut.

Wenke vir droë oë 

*Gebruik kunsmatige traandruppels of ander oogdruppels om jou oë te smeer.

*Drink baie water om jou liggaam te hidreer.

*Vermy die buitelug in winderige en droë weer.

*Vermy stof.

*Maak seker jou medisyne is nie die oorsaak nie.

*Volg ’n gesonde, gebalanseerde dieet met baie vrugte en groente.

*As jy TV kyk, op die rekenaar werk of ander dinge doen wat jou oë moeg maak, knip jou oë dikwels en loop gereeld ‘n draai. Kyk elke 20 minute of wat weg van die skerm af, laat jou blik sowat 20 sekondes by die venster uit of deur die vertrek dwaal. Knip jou oë gereeld om dit vogtig te hou.

*As jy kontaklense dra: haal dit uit as jou oë krap en sorg dat jou oë vogtig bly terwyl jy dit in het.

*Slaap genoeg om jou oë gesond te hou.