* Wáár jou vet sit, het ’n sterker genetiese verband as jou gewig self, sê prof. Tess van der Merwe, endokrinoloog en vetsugkenner van Pretoria. As jou ma dus groot heupe gehad het, is die kanse tot 80% dat dit ook jou voorland is.

* ’n Appelfiguur (vet om jou middel) is meer geneties as ’n peervorm (groot heupe). ’n Appelfiguur word verbind ?met ernstige toestande soos ?tipe 2-diabetes en kardiovaskulêre siektes.

* Jou voorkeur vir sekere kosse is geneties én aangeleer. Jy kan niks aan jou gene doen nie, maar wel aan jou leefstyl-keuses, sê prof. Van der Merwe.

* Ons moet almal oefen om spiere te ontwikkel. Maar die gemak waarmee jy dit doen en jou fiksheid verbeter, is oorgeërf, volgens ’n studie in die International Journal of Obesity.