Sooud soos my hande, maar nie soos my tande. Die´ idioom uit ons kinderdae het lankal in onbruik geraak, want wie slaap nou nog met hul tande in 'n glas langs die bed?
Jy sal heel moontlik op jou oudag steeds met 'n mond vol tande sit - jou eie! Dis nou danksy die moderne tandheelkunde en 'n klein bietjie moeite van jou kant af.
Prof. Flip van Wyk, hoof van die departement gemeenskaps- tandheelkunde aan die Universiteit van Pretoria, en Naomi Olivier, redakteur van die Southern African Dental Technology Journal, beantwoord jou kwelvrae.

Vraag Hoe gereeld moet ek my tande- borsel vervang? Antwoord Verkieslik voor dit verslete begin lyk. Die borselhare verswak mettertyd en is nie meer doeltreffend nie. Dis dan boonop meer geneig om jou tandvleis te beskadig. 'n Nuwe tandeborsel raak
30% beter van plaak ontslae. Vervang dit elke drie tot ses maande, na gelang van hoe hard jy borsel.
Vraag Is 'n elektriese tande- borsel beter? Antwoord Navorsing kon nog nie bewys dat die een beter as die ander is nie. Dit gaan oor hoe gereeld jy borsel en of jy die regte tegniek gebruik.
Vraag Wat is die regte manier om te borsel? Antwoord Die borsel moet 'n 45-grade-hoek met jou tandvleislyn vorm. Borsel saggies in klein sirkels
waar jou tande en tandvleis ontmoet. As jy te hard borsel, kan jou tandvleis terugtrek, jou tande sensitief raak en dit kan mettertyd tot tandverlies lei. Doen jy dit reg, kan die borselhare die dele onder jou tandvleislyn bykom en plaak en kosstukkies beter verwyder.
Vraag Borsel ek dalk te hard? Antwoord Jou tandeborsel se hare sal dan voortydig afgeslyt lyk of oopgesprei wees. Druk net hard genoeg sodat jy die borselhare teen jou tandvleis voel. Onthou, jy is nie besig om ’n pot te skuur nie! Die meeste mense gebruik ’n groot, harde tandeborsel en borsel te hard. Gebruik liefs ’n sagte borsel met ’n klein koppie.
Vraag My tande- borsels huisves glo tot 10 miljoen kieme. Hoe hou ek dit skoon? Antwoord As net jy jou tandeborsel gebruik en jy be^re dit op ’n higie¨niese manier, is dit nie nodig om dit te ontsmet nie. Spoel dit in warm water af en be^re regop.
Vraag Hoekom moet ek vlos, en hoe gereeld? Antwoord Studies wys as jy net jou tande borsel, bly sowat 50% van plaak agter. Vlos verwyder plaak
en kosstukkies tussen jou tande en onder jou tand- vleislyn. Sa´a´m maak dit korte mette met sowat 70% van plaak. Doen dit een keer per dag. Saans is beter, omdat jy dan rustiger is. Volg ’n spesifieke patroon, sodat jy nie tande oorslaan nie. Begin bo en werk van links na regs. Vlos dan jou onderste tande in dieselfde volgorde. Moenie jou groot maaltande vergeet nie.

Vraag Wat is die simptome van tandvleissiekte? Antwoord Dis dikwels pynloos en jy gaan waar- skynlik nie eens weet jy het dit nie. Simptome sluit in: rooi, soms geswolle, bloei- ende tandvleis, los tande, tandvleis wat terugtrek en slegte asem. Jy kan dalk net een simptoom he^.
Vraag Is dit waar dat tandvleis- siekte my risiko vir onder meer hartsiektes kan vergroot? Antwoord Ja, studies wys mond-bakteriee¨ kan via jou bloedstroom deur jou liggaam beweeg en gesond- heidsprobleme veroor- saak. Dit sluit in hart- siektes, diabetes, beroerte, longontsteking en ander siektes van die lugwee¨. Ook kanker. (Sien kassie "SOS''.)
Mondhigie¨ne het ook 'n invloed op die gesondheid van jou ongebore kind. Die baba van 'n swanger vrou met tandvleissiekte is sewe keer meer geneig om te vroeg gebore te word of om 'n lae geboortegewig te he^, aldus die Amerikaanse Journal of Periodontology. Die rede is waarskynlik 'n hormoonagtige stof, prosta- glandien, wat normaal
in jou lyf voorkom en as prikkel dien vir die baba om gebore te word. Vroue met ernstige tandvleissiekte het baie hoe¨ vlakke daarvan. Daar is ook 'n moontlike verband tussen tandvleis- siekte en pree¨klampsie (hoe¨ bloeddruk by 'n swanger vrou wie s'n vroee¨r normaal was), wys nog 'n studie.
Vraag Suiker is sleg vir my tande. Wat van vrugte? Dit bevat tog ook suiker. Antwoord Verfynde suiker in kos en drank veroorsaak tandbederf. Wanneer die bakteriee¨ daarop voed, vorm 'n suur wat jou tand se oppervlak sag maak en minerale in die emalje oplos. Dit lei uitein- delik tot tandbederf. Baie
vrugtesappe (afhangend van die pH-balans) kan ook tand-erosie veroorsaak as jy baie oor 'n lang tyd- perk drink. Drink matige hoeveelhede en gebruik 'n strooitjie. Die sogenaamde sportdrankies het dikwels dieselfde uitwerking.
Vrugte, groente en selfs suiwel bevat suiker, maar dis minder geneig om tandbederf te veroorsaak. Die voedingstowwe daarin is boonop goed vir jou immuniteit en beskerm jou teen tandvleissiekte. Maar wat jy ook al eet, jou daaglikse mondhigie¨ne- roetine is belangrik.
Vraag Sommige bronne se^ ek moet my tande direk na´ 'n maal- tyd borsel, ander se^ weer ek moet 'n rukkie wag. Wat is die regte manier
en hoekom?
Antwoord Dit is beter om direk na´ ete te borsel. As jy nie 'n tandeborsel
byderhand het nie, kou kougom wat xilitol bevat.
Vraag Hoe ge- reeld moet ek die tandarts en mondhigie¨nis besoek? Antwoord Verkieslik elke ses maande. Op die minste een keer per jaar.
Vraag Hoekom is my tande geel en gevlek? Antwoord Rooiwyn, koffie, tee, rook en selfs yster-aanvullings kan jou tande vlek. Met die ouder- dom verweer tande se harde wit emalje en meer van die sagte, geel dentien daar- onder is sigbaar. Tandsteen, 'n harde, geel, bruin of swart stof, vorm as te veel plaak naby jou tandvleis saampak. Sommige mense het vlekke binne 'n tand, wat veroorsaak is deur sekere medisyne
of toe die tand kleintyd ontwikkel het. Die doeltref- fendste manier om dit te verwyder, is om dit profes- sioneel te laat skoonmaak.

Vraag Jy kry tandepasta wat jou tande witter maak. Maar kan dit my tande beskadig? Antwoord Nee, tensy dit 'n skuurmiddel bevat wat die emalje kan be- skadig. Hou net in gedagte dat tande normaalweg nie spierwit is nie. Die natuur- like kleur kan wissel van wit tot grys of geel. Indien die natuurlike kleur van jou tande na grys of geel neig, sal sulke tandepasta nie veel help nie. Dit kan net eksterne verkleurings (vlekke) verwyder.
TOETS
Vraag Sal my asem altyd goed ruik as ek gereeld my tande borsel en vlos? Antwoord As jou mond gesond is, is die kans goed dat jou asem vars sal ruik. Maar jou tong kan ook daartoe bydra, veral as dit 'n aanpaksel het. Maak dit dus gereeld met 'n tongskraper skoon. Daar is 'n wye verskeidenheid op die mark beskikbaar. Van metaal- of plastiek-"harke'' tot die´ wat klein borseltjies bevat. Dis meestal goedkoop en hou lank. Koop dit by Dis-Chem of by jou tandarts/mond- higie¨nis.

ALS OOR METAALSTOPSELS

SARIE GESOND SOS!

1 Borsel jou tande en hou kop op jou oudag? Dis dalk te simplisties, ja. Maar 'n interessante studie met identiese tweelinge wys as jy in jou jeug en middeljare tandvleissiekte vryspring, verminder dit jou risiko vir Alzheimer-siekte in jou latere lewe drasties ('n gesamentlike Amerikaanse/Sweedse studie).
(Bron: www.thehealthierlife.co.uk) 2 Tandvleissiekte is ook 'n teken van 'n verhoogde risiko vir kanker, aldus navorsing in die joernaal Lancet Oncology. (Teenoor mense wat nie tandvleissiekte het nie.) Jou kans vir longkanker is 36% groter, vir nierkanker 49% en leukemie 30%. Navorsers moet nog bepaal presies hoe tandvleissiekte met kanker verbind kan word. (Bron: www.medscape.com)

SARIE GESOND TOETS

Wat is jou kans dat jou asem sleg ruik?
Beantwoord die vraelys op www.freshbreath.co.za. **Bel die Nasionale Hulplyn vir Mondgesondheid by 0860 456 12