Altyd keuses. Sjokolade of jellie-lekkers? Roomys of sorbet? Aartappel of patat? Muffin of koek? Botter of margarien? Ons word daagliks deur dieetkeuses in die gesig gestaar.

SARIE se gesondheidsredakteur Lydia van der Merwe ondersoek wat is werklik die gesonder opsie. En die antwoord mag jou dalk net verras ... Lees die volledige artikel in die Oktober-uitgawe van SARIE.

monique sutherland voorbladgesig oktober okt

Sjokolade of jellie-lekkers?

KIES: SJOKOLADE

Jy kies liefs die pakkie suikersoet jellielekkers, eerder as sjokolade. Want maak dit dan nie minder vet nie?

FOTO: Instagram @catrinmuse FOTO: Instagram @catrinmuse

Donkersjokolade (70% of meer kakao) het baie meer gesondheidsvoordele as soet lekkers, sê Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige by Beter Eet

Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Dit kan help om jou bloeddruk te verlaag, verhoog die produksie van die sogenaamde goedvoel-hormone in die brein en bevat magnesium, ’n mineraal wat soms maar skraps in ons moderne dieet is.

Nuwe navorsing wys as jy weekliks 30 g donkersjokolade eet, is jou kans 34% laer om diabetes te kry. Maar eet jy meer as dit, verloor jy die beskermende effek daarvan. Moet ook nie alles gelyk eet nie, maar liefs ’n blokkie ’n dag.

monique sutherland voorbladgesig oktober okt

Kry nóg wenke oor gesonde dieetkeuse in die Oktober-uitgawe van SARIE - nóú op die rakke!