1. Wees dankbaar

Dankbaarheid is ’n belangrike bousteen van geluk. Knyp elke dag ’n tydjie af en skryf ’n paar dinge neer waaroor jy dankbaar is -?groot én klein. Ons is te geneig om op die negatiewe te konsentreer.

2. Asem diep ?in ... en uit

Laat jou kop stil word en fokus op jou asem-haling. Herhaal dit?’n paar keer daagliks en voel hoe jou? spanning verdwyn.

3. Peusel aan iets

Eet ’n vrug of gesonde happie (ongesoute neute of laevetkaas). Dit sal keer dat jy?’n pak tjips nader trek as die lus vir knaag ?jou oorval.

4. Strek

Lig jou arms bokant jou kop. Of loop ’n draai. Dit kan stywe spiere laat ontspan wat met stres gepaardgaan.

5. Luister musiek

Talle studies wys musiek kan jou bloeddruk verlaag, stres verminder en jou bui verbeter. Laai dus liedjies op jou MP3-speler wat jou laat glimlag.

6. Ruik aan ’n suurlemoen

Japanse navorsers glo dit verminder dalk die liggaam se veg-of-vlug-respons, m.a.w. stres.