Indien dit so is, is die moontlikheid groot dat jy aan 'winter wanhoop' lei. Jy is besig om rustiger te raak en maak gereed om te hiberneer - soos die meerderheid van mense maar dié tyd van die jaar doen. Maar in werklikheid is jy besig om jouself 'n onguns te doen.

Die groot rede vir jou lusteloosheid en lae energievlakke is juis die rede dat jy vir die wêreld wegkruip – jy is binnenshuis vasgevang vir ure - selfs vir dae – wat net verder tot die probleem bydra. Die laaste ding wat jy wil hoor, is om jouself reg te ruk en dit te waag om in die ysige winter koue uit te gaan! En alhoewel die knusheid van jou huis vir jou na die beter opsie mag voel, is die beste manier om die negatiewe ingesteldheid weens die winter af te skud, om warm klere aan te trek en die koue te trotseer met 'n vinnige stappie. Jy gaan dadelik beter voel!

Onthou dat oefening jou gemoedstoestand positief beïnvloed, as gevolg van die voel-goed-endorfiene wat vrygestel word én die vars buite-lug. Dít sal jou vinnig regruk en help om uitputting hok te slaan.

Indien die weersomstandighede nie geskik is vir 'n vinnige stappie nie – ons praat van uiterste sneeustorm-gevalle – sit ‘n oefen-DVD op. Daar is ‘n groot verskeidenheid oefen-DVD’s beskikbaar, na elkeen se smaak: van dans, skopboks, soos Tae Bo tot yoga en pilates. Vra sommer vir vriende en familie om saam met jou dié oefening te doen! Dit kan julle saam lekker laat lag! Lag is ook 'n goeie manier om jou immuunstelsel ‘n hupstoot gee – die rede hiervoor is dat jou immuunstelsel beter funksioneer as jy ‘n gelukkig gemoedstoestand het. 

Onthou dat virusse en bakterieë floreer as daar baie suur in jou liggaam is. Beperk dus jou inname van suur kosse soos verfynde koring en suiker. Kies eerder gesonde vrugte en vars groente, asook sop en bredies vol vitamiene!

Goeie kwaliteit lae-vet proteïen soos hoender sonder die vel en vis, is ook belangrik om jou energievlakke te stabiliseer en jou immuunstelsel te versterk. Moenie die goeie vette (vis, neute, sade en avo’s) vergeet wat jou liggaam teen virale infeksies beskerm nie. Maak dít deel van jou eetplan, tesame met vitamien C uit lemoene, kiwi's en koejawels.

Bly goed gehidreer deur baie water en warm kruie tee te drink. Probeer ‘n glasie lou warm water met ‘n bietjie kruisement, heuning, lemoen of suurlemoen skyfies, of selfs gerasperde gemmer.

Die enigste rede dat jy jou oefenprogam moet stop is as jy begin siekerig voel - dit geld nie slegs vir die wintermaande nie. Gee jouself die geleentheid om die infeksie te beveg deur goed te rus, en ‘n goeie dosis homeopatiese medisyne te neem, wat jou én jou familie se liggaam sal help om verkoue en griepsimptome (seer lyf, pyn, kouekoors en koors) te beveg.

Indien die simptome egter voortduur of vererger moet jy na die dokter toe gaan. Sodra jy weer gesond is, kan jy weer buite gaan stap!

Ons bied vir 3 lesers elkeen ‘n winter geskenkpak ter waarde van R350.  Vir meer inligting besoek ons webtuiste www.lebron.co.za of skakel Tanet de Swardt (tanet@deepsmart.co.za) vir enige verdere navrae.