Endorfien, dopamien, oksitosien, serotonien en GABA (gamma- aminobottersuur) ... Tongknopers, ja, maar die´ 5 breinboodskappers kan jou gelukkiger laat voel en minder laat stres. Jy kan dit vermeerder deur aan die regte kos te peusel.

Kakao

FOTO: Donna Lewis FOTO Donna Lewis

’n Warm kakao-drankie (gemaak van 100% kakao en sonder bygevoegde suiker) verhoog jou endorfienvlakke. Dis ’n breinboodskapper soortgelyk aan morfien en die liggaam se natuurlike pynstiller. Dit laat jou ook goed voel. Kakao is die kossoort wat die liggaam die meeste endorfien laat afskei. Jou kortisolvlakke (’n streshormoon) verlaag dan ook. En daarmee saam jou bloeddruk en bloedsuiker. (Swaar gekruide kosse het dieselfde uitwerking.)

Bessies

FOTO: Unsplash / Tiago Faifa FOTO Unsplash / Tiago Faifa

GABA (gamma-aminobottersuur) is ’n breinboodskapper wat stres, angs en senuweeagtigheid troef. Dit help jou ook beter slaap. Jy kan dit nie direk van kos kry nie, maar ’n verskeidenheid kosse, soos bessies, bevat flavonoi¨ede, wat ’n invloed het op hoe GABA in die brein werk. (Probeer ook: kersies, speserye, tamaties, sitrusvrugte.)

Pistasieneute

Die´ neute is ryk aan vitamien B6. Dis nodig vir die vervaardiging van die aminosuur triptofaan, wat jou serotonienvlakke verhoog. Laasgenoemde is ’n breinboodskapper wat ’n gevoel van welbehae en speelsheid skep. (Probeer ook: hawermout, ricottakaas, suiwel.)

Avokado

Dis ryk aan die aminosuur tirosien, ’n voorloper van dopamien. Die´ breinboodskapper laat jou gelukkig voel en gee jou meer energie om dinge te doen waarvan jy hou. (Probeer ook: amandels, piesangs en protei¨enryke kosse soos hoender, maaskaas en eiers.)

Dadels

Dit bevat oksitosien, die sogenaamde “liefdeshormoon” wat jou help om emosionele bande te vorm. Dit verminder angs en verlaag bloeddruk. (Probeer ook: appels, beet, waatlemoen. Of gee iemand ’n drukkie!)


Bronne: Sunette Kotze, dieetkundige en eienaar van E-Spice Health, ’n gesondheidswinkel: 012 548 2762, www.healthline.co.za | Over the Moon, a Guide to Positive Ageing deur dr. Hannetjie van Zyl-Edeling (Porcupine Press, 2013). Kontak Hannetjie op Facebook of hvanzyl@global.co.za

MOOD exercise