Die model en dogter van Kim Basinger en Alec Baldwin, Ireland Baldwin, het onlangs haar oefenroetine op haar Instagram-blad gedeel. Sy het ook kort video's gedeel waar sy en 'n vriendin oefen.

Ongelukkig wys sy daar is geen kortpaaie nie, en dit neem harde werk om 'n vietse lyf te kry.

Vir 'n ferm agterstewe: Sy hardloop trappe op en af. Dít wissel sy af deur die trappe te klim, maar haar agterste been op te lig met elke tree.

Kelly Osbourne deel haar geheim vir dun middeltjie: 'n Hulahoep!

Vir minder vet: Ireland verkies om te draf vir kardiovaskulêre oefening.

Vir leninge bene: 'n Verskeidenheid van hurksitte (squats).

Sandi Schultz: ‘Dit gaan nie oor my buitekant nie. Ek wil goed voel’

Natuurlik eet Ireland gesond om haar figuur te hou. Sy het ook foto's gedeel waar sy op die strand oefen.

Só kry Ireland stywe binne bobeenspiere (links). Om jou liggaam so reguit soos 'n plank te maak en dit vir 'n ruk só te hou, versterk al jou spiere (regs).

Joga is ook 'n groot oefengier in Hollywood. Sterre soos Jennifer Aniston sweer daarby. Dit hou nie net jou lyf ferm en jou spiere slap nie, dit is ook goed vir jou siel.

'n Lyf soos Jennifer Aniston: stap-vir-stap Ireland se stiefsuster, Carmen Gabriela Baldwin is onlangs gebore. Sy het 'n brief vir haar geskryf en op haar Tumblr-blad geplaas. Sy skryf onder meer:

Onthou, jou ouers gaan jou altyd liefhê. As jy 'n kind is, vergeet jy dít soms. As hulle baklei oor goed maak dit seer [...] Maak nie saak wat jou ma of Pa sê of doen nie, weet net dat hulle jou liefhet. Moet dit NOOIT vergeet nie.

Lees meer oor die geboorte van haar nuwe suster hier