‘Google ADHD en probeer my seun verstaan,’ het Bets du Toit (skuilnaam) uit desperaatheid aan ouers geskryf. Die´ brief is namens haar 11-jarige seun, wat nie sy gedrag kan verander nie, al wil hy ...

My pragtige, talentvolle blouoogseun van 11 jaar het ADHD, wat staan vir Attention Deficit Hyperactivity Disorder [aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom in Afrikaans]. Hy kan nie konsentreer nie en sy sosiale interaksie is nie baie suksesvol nie. Daar is absoluut niks met sy verstand verkeerd nie, hy is fantasties in enige vak as hy net lank genoeg kan konsentreer om een keer deur die inligting te lees!

Sy lewe is moeilik, ons as gesin s’n ook. Hy word beskou as bedorwe, stout en /ongemanierd. Pouses loop hy alleen op die speelgrond rond en moet homself gedurig verdedig teen kinders wat hom nie kan verdra nie – omdat hy goed kwytraak of doen sonder om te dink. As hy homself verdedig, word hy natuurlik geklassifiseer as die ‘boelie’ en ek moet nederig om verskoning vra vir die ouers. En ek doen dit opreg, omdat hy waarskynlik skuldig is.

Niemand verstaan dat sy antisosiale persoonlikheid ’n goed gedokumenteerde gevolg is van die persoonlikheid van ’n kind met ADHD nie. Hy het ons hulp, liefde en aanmoediging nodig en nie´ konstante kritiek nie ... Hier praat ek ook met myself wat te maklik kritiseer en my pyn, as ek sien hoe seer die lewe hom maak, op hom uithaal!

Dis soms swaar om van my eie kind te hou. Ek werk voltyds en as ek moeg by die huis kom, word ek tegemoet gehardloop met ’n ‘demand’ of ’n klagte of ’n ‘wat eet ons?’ sonder dat hy my groet. Ek weet hy is lief vir my en die gesin, dat hy smag na goedkeuring en sukkel om net die basiese in die lewe reg te doen.

As ma besef ek selfvertroue is die grootste geskenk wat jy jou kind kan gee, maar ek beleef elke dag hoe die gemeenskap hom verstoot (weens sy eie optrede) en dit verder afbreek. Ek kyk hulpeloos toe en wil vir die we^reld gil: ‘Hy het ADHD! Gaan google die simptome en vergewe hom!’

My kind is moeilik, ly aan depressie en kan nie ’n geterg of ’n grappie hanteer nie. Hy wil alles nou dadelik he^, kla en hou nooit op eise stel nie. Hy maak sy broer en suster woedend omdat hy nie die ree¨ls volg of beloftes nakom nie.

Die hartseer is hy het so ’n piepklein hartjie, is sensitief en liefdevol, kan pragtig bid en glo vas in God. Hy floreer as hy reg behandel word (waarvoor min in ons huishouding die energie het omdat hy ons so kwaad maak), maar weet nie wanneer om op te hou as hy eers aan die gang is met iets nie. Sy impulsiwiteit veroorsaak gereeld groot moeilikheid.

Sulke kinders word orals verstoot. Min mense hou van hulle omdat hulle nie die sosiale ‘tekens’ verstaan nie. Ek het aan die ouers in sy graad ’n boodskap gestuur sodat hulle hom dalk beter sal verstaan en sagter behandel: ‘Ons seun het ADHD. Van die simptome is moeilike sosiale aanpassing en dat hy soms dinge onnadenkend se^ en doen. Sy reaksies is al soos die´ van ’n gewonde dier ... vir hom is daar geen genade! Ek is bewus van sy tekortkominge en ek weet ook presies wat hy verkeerd doen en vra elkeen wat hy te na gekom het om verskoning.

Tog wil ek vra dat julle sal verstaan dat hy al vir jare sleggese^ word, nie na partytjies genooi word nie en as ek mooi uitnodigingskaartjies skool toe stuur, skeur die meeste kinders dit voor hom op en gooi dit in die asblik.

Hy het baie rugbytalent, maar op die veld gooi niemand vir hom die bal nie, al sou hy kon gaan druk. Ek het ook self van ouers (voorheen vriende) vyandigheid langs die veld ervaar. As hy by iemand wil speel, kom die antwoord altyd: ‘Nee jammer.’ Dit maak bitter seer. Waar is die warmte en omgee van ’n gemeenskap?

Ek wil vandag maar net ons kant stel. Ek wens iemand wil net die moeite

doen om ons kind beter te leer ken. Hy het baie pyn en word daagliks verwerp. Toe ek verlede week vir hom se^ hy moet altyd eers die fout by homself soek en probeer verstaan hoekom kinders nie van hom hou nie, het hy geantwoord hy sal probeer verander, maar dis so moeilik, veral omdat niemand van hom hou nie."