Suid-Afrikaanse navorsing het boonop gewys daar is ook 'n verband tussen oorgewig mans en hul vlak van opvoeding: Hoe meer geleerd hulle is, hoe meer is hulle geneig om oorgewig te wees.

Volgens die Kanadese navorsers is dit nie omdat meer welvarende manne fisiek minder aktief is nie. Hulle eet egter meer uit. Dis moeilik om kos van 'n spyskaart af te bestel as jy nie regtig weet wat vet maak nie. Help manlief – en jouself – met die volgende wenke:

*Bestel altyd slaai as voorgereg – verkieslik met asyn as deel van die sousie. Dit vertraag die tempo waarteen kos verteer word en laat jou gouer vol voel.

*Eet stadig. Dit beïnvloed jou bloedsuikervlakke ná 'n maaltyd en help dat alles wat jy eet nie as vet gestoor word nie.

*Wissel wyn met water af. Drink 'n glas wyn en dan 'n glas water saam met die ete. Alkohol meng met die metabolisme van vet in. Saam met 'n vetterige maaltyd doen dit meer kwaad as goed.

*Kies gehalte eerder as hoeveelheid, soos 'n porsie gehalte-vleis, eerder as die grootste stuk vleis op die spyskaart met 'n romerige sous (wat boonop dikwels uit 'n pakkie kom).  

Bron: Mariza van Zyl, RD(SA), geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Besoek haar webblad by www.betereet.co.za