"Soms is ek só gestres, ek wil my hare uit my kop trek!"

Klink dit bekend? Die waarheid is egter dat 'n stresvolle leefstyl regtig haarverlies veroorsaak en die gevolge daarvan is enorm.

"Vroue so jonk soos in hul vroeë dertigs sukkel om die 100 hare wat hulle per dag weens die natuurlike uitgroeiproses verloor, terug te groei," sê Maameya Dankwa van Nativa. Hulle vervaardig Vigro®, 'n 3-stap-reeks wat haarverlies beveg.

"Jy kan nie veel aan die oorerflikheid van haarverlies doen nie, maar daar is maniere om jou liggaam te kry om die proses van haarverdunning- en -verlies te vertraag," vertel Dankwa.

Ander faktore wat kan bydra tot haarverlies is stres, 'n ongebalansseerde dieet, sommige medikasie, infeksies en siektes. Dié faktore verhoed dat voedingstowwe by jou haarfollikels uitkom.

Die unieke Vigro® 3-stap-reeks is ontwikkel om haarverlies te beperk en seker te maak nuwe hare groei.

Stap 1

Was jou hare met Vigro® Bio-sjampoe (R92,00 vir 150 ml) of Vigro® Anti-Dandruff Bio-sjampoe (R100,00 vir 150 ml). Dié sjampoe hou jou kopvel gesond en verwyder dooi selle en sebum. Gebruik 3 maal per week.

bio-ShamCart (1)

Stap 2

Gebruik een van die twee Vigro® tonikums - Vigro® Bio-Tonic (R155,00 vir 150 ml) of in meer ernstige gevalle Vigro® Intensive Bio-Tonic (R123,00 vir 100 ml). Vir krul- of etniese hare gebruik Vigro® Bio-Activator Leave-On Cream (R108 vir 125 ml) in plaas van die tonikums. Die Follicusan™ -bestanddeel stimuleer die groei van nuwe hare. Los dit vir 10 minute aan.

bio-TonicINTCart (2)

Stap 3

Jy moet jou hare ook van binne voed. Neem een Vigro® Bio-Capsules (R103,00 vir 30) per dag ná ontbyt. In meer ernstige gevalle gebruik 2 Vigro® Bio-Capsules Plus (R172 vir 60) na ontbyt of middagete.

bio-capsPlus 60 Cart (3)

Resultate kan verskil. Vigro® kan nie gebruik word in die geval van oorerfslike haarverlies nie. Praat met jou dokter indien simptome nie verbeter nie.

Beskikbaar by apteke, Dis-Chem en Clicks. Vir meer inligting, klik by www.Vigro®.co.za