Die meeste Suid-Afrikaners is egter nie gretig om orgaanskenkers te word nie.

Daar is tans sowat 3 500 mense wat vir orgaan- en kornea-oorplantings wag. Dis tragies om te dink dat minder as 1 000 van dié mense uiteindelik 'n oorplanting sal kry.

Die orgaanskenkerstigting (ODF) rig 'n dringende versoek aan die publiek om orgaanskenkers te word. Jou skenking kan dalk 'n verskil in iemand anders se lewe maak en 'n tweede kans bied.

Besoek die ODF se webtuiste vir meer inligting oor hoe om 'n skenker te word. Is jy 'n skenker?

Lees hierdie inspirerende stories oor oorplantings op sarie.com:

'n Nuwe gesig ná motorongeluk

'n Nuwe lewer vir my seun!