Daar kom omtrent elke maand ’n nuwe room of pil uit wat beloof om te help teen veroudering. Tog reken Huffington Post dat die beste manier om gesond oud te word eintlik baie makliker (en goedkoper!) is as wat jy gedink het. Al wat jy benodig, is ’n paar skoene. Lees die volle storie hier.

’n Navorsingsprojek van 2 jaar oor die verband tussen fisiese aktiwiteit en veroudering het onlangs bevind dat oefening steeds die beste manier is om te keer dat jy mobiliteit verloor wanneer jy ouer word. Hierdie bevindings is aangekondig by die Amerikaanse Kollege van Sportmedisyne se jaarlikse kongres.

Die studie is gedoen onder 1 635 volwassenes tussen 70 en 90 jaar wat die meeste van die dag sit. Deur 150 minute in ’n week te stap, het die mense se kans om hul mobiliteit te verloor met tot 30% gedaal!

Volgens dié studie kan hierdie 8 oefeninge ook help om die effek van veroudering teen te staan:

  • Tai Chi
  • Joga
  • Stap om die huis of in die hospitaal
  • Draf (as dit vir jou beskikbaar is)
  • Stap buite
  • Been-oefeninge
  • Gewig-oefeninge
  • Swem

Oefen sonder moeite in 6 stappe

Stap 1

Besef beweging en oefening is belangrik vir jou toekoms en erken jou statiese leefstyl is ongesond.

Stap 2

Kry mense wat jou kan ondersteun. Bou ’n emosionele verhouding met oefening deur ’n oefen-vriendin te hê. Sluit by ’n oefengroep aan (soos Run/Walk for Life).

Stap 3

Beweeg meer deur die dag - klim die trappe, sit die TV harder op die toestel self en nie op die afstandbeheerder nie.

Stap 4

Die belangrikste deel van ’n nuwe leefstyl is om iets te verander - groot of klein.

Stap 5

Vier oorwinnings, vertel jou vriende.

Stap 6

Hou aan nuwe doelwitte stel.

Hierdie wenke is op SARIE.com gepublisseer. Klik hier om die volle artikel te lees.

Bron: Huffington Post