Van Donderdag om middernag is Suid-Afrika vir 21 dae in ’n staat van inperking. Dit beteken die meeste van ons gaan tussen die vier mure van ons huis of woonstel moet bly. In hierdie tyd is dit nie net belangrik om na jou gesondheid te kyk nie, maar ook jou geestesgesondheid. Eensaamheid, frustrasie en verveeldheid kan baie gou kom nesmaak.

Om te lag, te oefen of selfs net te dans skei endorfiene af. Jou liggaam se eie opium en goedvoel-hormoon.

Hier is 10 liedjies waarop jy elke dag kan dans:

Dit gee 30 minute se endorfiene.

1. Sunset Sweatshop se “Coming Along”

2. ABBA se “Dancing Queen”

3. Madonna se “Hung Up”

4. Taylor Swift se “You Need To Calm Down”

5. Daft Punk se “Get Lucky”

6. Jonas Brothers se “What A Man Gotta Do”

7. Shakira se “Waka Waka”

8. Whitney Houston se “I Wanna Dance With Somebody”

9. J-Lo se “On The Floor”

10. Kenny Loggins se “Footlose”